YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 40

40
Welgeluksalig is hy wat op die Here vertrou.
1VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
2Ek het die Here lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor;
3en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op 'n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak.
4En Hy het 'n nuwe lied in my mond gegee, 'n lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op die Here vertrou.
5Welgeluksalig is die man wat sy vertroue in die Here stel en hom nie wend tot hoogmoediges en leuendienaars nie.
6Groot dinge het U gedoen, Here my God — u wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel.
7 U het geen behae in slagoffer of spysoffer nie; ore het U vir my gegrawe; brandoffer en sondoffer het U nie geëis nie.
8Toe het ek gesê: Kyk, ek kom; in die boekrol is dit my voorgeskrywe.
9Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande.
10Ek het 'n blye boodskap van geregtigheid in die groot vergadering verkondig; kyk, my lippe bedwing ek nie. Here, U weet dit.
11U geregtigheid bedek ek nie binne-in my hart nie; van u trou en u heil spreek ek; u goedertierenheid en u trou verberg ek nie vir die groot vergadering nie.
12U, o Here, sal u barmhartighede van my nie terughou nie; laat u goedertierenheid en u trou my altyddeur behoed.
13Want onheile sonder getal het my omring; my ongeregtighede het my ingehaal, en ek kan nie sien nie; hulle is meer as die hare van my hoof, en my hart het my verlaat.
14Laat dit U behaag, Here, om my te red; Here, maak tog gou om my te help!
15 Laat hulle wat my lewe soek, om dit weg te ruk, tesame beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my onheil, agteruitwyk en in die skande kom.
16Laat hulle wat vir my sê: Ha, ha! vanweë hul beskaming verskrik wees!
17Laat almal wat U soek, in U vrolik en bly wees; laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is die Here!
18Al is ek ellendig en behoeftig — die Here dink aan my; U is my hulp en my redder; my God, vertoef tog nie!

Currently Selected:

PSALMS 40: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy