YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 30

30
U het my weer laat lewe
1'n Psalm. 'n Lied toe hulle die tempel gewy het.
Van Dawid.
2Here, ek wil U prys,
want U het my gered en my laat uitkom,
sodat my vyande nie kan juig
oor wat met my gebeur nie.
3My God die Here, ek het tot U geroep
en gevra dat U my moet help,
en U het my gesond gemaak.
4Here, U het my laat uitkom uit die doderyk,
ek was naby die dood,
maar U het my weer laat lewe.
5Julle wat in die Here glo,
julle moet vir Hom sing,
julle moet sy heilige Naam noem
en vir Hom dankie sê.
6Want Hy bly nie lank kwaad nie,
Hy is vriendelik so lank soos 'n mens lewe.
Ek huil die hele nag,
maar wanneer ek opstaan, dan juig ek weer.
7Toe dit met my goed gegaan het,
het ek gesê dit sal altyd so wees.
8Here, U was goed vir my,
U het my sterk laat staan soos 'n berg.
Maar toe U my nie meer wil sien nie,
het ek bang geword.
9Here, ek het tot Ú gebid, net tot U,
ek het gesoebat dat my Here vir my moet help.
10Wat sal U kan wen as ek sterf,
as ek afgaan na die doderyk?
Mense wat dood is, kan nie vir U prys nie,
hulle kan nie vertel dat U altyd doen
wat U belowe het nie.
11Here, U moet luister,
U moet genadig wees vir my,
Here, dit is U wat vir my moet help.
12Ek het gehuil en getreur,
maar U het my laat dans.
U het my rouklere weggevat
en my laat feesvier.
13Daarom sal ek sing, ek sal nie stilbly nie,
my God die Here, ek sal U altyd prys.

Currently Selected:

Psalms 30: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy