YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 31

31
Ek gee myself vir U, Here, net vir U
1Vir die leier van die koor: 'n Psalm van Dawid.
2Here, ek vra dat U my moet beskerm,
ek vra dit net vir U,
U moenie dat ek verloor teen my vyande nie,
nooit nie.
3U moet luister en my gou red,
U moet die rots wees waarnatoe ek kan vlug,
die plek waar ek veilig is, waar U my beskerm.
4Ja, U is my Rots, U beskerm my,
ek behoort aan U, U lei my, U bly by my.
5My vyande het 'n vangnet styfgetrek om my te vang,
maar U maak my los daaruit,
want U beskerm my.
6Ek gee myself vir U, Here, net vir U.
U is God, net U is God, U maak my vry.
7Ek haat mense wat afgode dien,
die afgode beteken niks.
Maar ek?
Ek glo in die Hére.
8Ek sal juig en bly wees
omdat U doen wat U belowe.
Ja, U het gesien dit gaan sleg met my,
U weet dat ek swaarkry.
9U het my vyande nie laat wen nie,
U het my vrygemaak.
10Here, U moet genadig wees vir my,
want ek kry swaar.
My oë is dof, want ek huil baie, ek voel baie sleg.
11My hele lewe lank het ek pyn gehad,
ek het gekla en gesug,
ek het swak geword oor my sondes,
ek het nie meer krag nie.
12My bure spot my omdat so baie mense téén my is.
Mense wat my ken, skrik vir my,
mense wat my op die straat sien, vlug weg van my.
13Ek het geword soos 'n mens wat gesterf het,
ek het geword soos 'n weggooi-ding,
mense het my vergeet.
14Maar ek hoor baie mense fluister en sê:
“Ons moet hom van al die kante aanval.”
Hulle maak saam planne teen my,
hulle wil my doodmaak.
15Maar ek?
Here, ek glo in U.
Ek sê: U is my God.
16Dit is U wat besluit wat elke dag met my moet gebeur,
U moet my red van my vyande,
die mense wat my volg en jaag.
17U moet naby my wees,
naby my, ek is u dienaar,
U moet my red, U het dit belowe.
18Here, U moenie my laat verloor teen my vyande nie,
ja, ek bid tot U, U moet die mense laat verloor
wat verkeerd doen,
U moet hulle stilmaak en na die doderyk stuur.
19U moet die mense stilmaak wat leuens vertel,
die mense wat hoogmoedig is en spog
en wat dink hulle is beter as die mense wat reg doen.
20U is altyd baie goed vir mense wat vir U dien.
Al die mense kan sien U doen goed aan mense
wat vra dat U hulle moet beskerm.
21Wanneer mense planne maak
teen die mense wat vir U dien,
dan steek U hulle veilig weg by U,
U beskerm hulle wanneer mense hulle beskuldig.
22Ek prys die Here,
want Hy het 'n wonderwerk gedoen.
Toe mense my van al die kante aangeval het,
het Hy gedoen wat Hy belowe het.
23En ek?
Toe ek so bang was,
het ek gedink hulle sal my wegvat van U,
maar U het geluister toe ek gesoebat het
en gevra het dat U my moet help.
24Julle moet lief wees vir die Here,
julle almal wat in Hom glo.
Die Here beskerm die mense wat glo
dat Hy hulle sal help,
maar Hy straf hoogmoedige mense baie swaar.
25Almal wat glo dat die Here hulle sal help,
moet sterk en dapper wees.

Currently Selected:

Psalms 31: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy