YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 29

29
Die stem van die Here is sterk
1'n Psalm van Dawid.
Julle almal wat in die hemel woon,
julle moet die Here prys,
julle moet Hom prys, want Hy is Koning,
Hy is sterk.
2Julle moet die Naam van die Here prys,
want Hy is Koning.
Julle moet voor die Here buig
wanneer Hy verskyn, Hy is heilig.
3Almal hoor die Here se stem,
wanneer Hy bo die water praat,
wanneer God die Koning, die Here,
hard praat bo die baie water.
4Wanneer die Here praat, dan praat Hy hard,
wanneer Hy praat, dan is dit die Koning wat praat.
5Wanneer die Here praat, dan breek die sederbome,
die sederbome op die Libanon-berg.
6Hy laat die berge rondspring soos kalwers,
Hy laat die Libanon-berg en die Sirjon-berg rondspring
soos die kalwers van oer-osse.
7Wanneer die Here praat, dan brand die vure,
8wanneer die Here praat, dan bewe die woestyn.
Die Here laat die Kades-woestyn bewe.
9Wanneer die Here praat,
dan kry die takbokke lammers,
en dan waai die bome se blare af,
en almal in die tempel skree en sê:
“Die Here is Koning!”
10Die Here is op sy troon bokant die watervloed,
die Here is Koning vir altyd.
11Die Here maak sy volk sterk,
die Here laat dit goed gaan met sy volk.

Currently Selected:

Psalms 29: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy