YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 28

28
Ek is seker dat die Here my sal help
1Van Dawid.
Here, ek bid tot Ú, net tot U.
U is my Rots, U moenie stilbly nie.
As U my nie antwoord nie,
dan sal ek sterf.
2U moet luister wanneer ek roep
en soebat dat U my moet help,
wanneer ek my hande uitsteek
na u gewyde binnekamer.
3U moenie vir my wegvat
saam met die mense wat verkeerd doen nie,
saam met die slegte mense nie.
Hulle sê vir die mense naby hulle
dat hulle bid dat dit goed sal gaan met hulle,
maar in hulle harte bid hulle dat dit sleg sal gaan.
4U moet hulle straf oor wat hulle doen,
oor die slegte dinge wat hulle doen.
U moet vir hulle gee wat hulle moet kry,
U moet hulle straf oor wat hulle gedoen het.
5Want hulle dink nie aan die dinge wat die Here doen nie,
aan die dinge wat Hy gemaak het nie.
Hy sal hulle laat sterf, Hy sal hulle nie laat lewe nie.
6Ek prys die Here, Hy het gehoor
toe ek gebid het en gevra het dat Hy my moet help.
7Dit is die Here wat my sterk maak en wat my beskerm,
ek is seker dat Hy my sal help.
Hy sal dit doen, en ek sal bly wees,
ek sal sing en Hom prys.
8Die Here maak sy volk sterk,
Hy beskerm sy gesalfde en Hy red hom.
9Here, U moet u volk red, U moet dit goed laat gaan
met die mense wat aan U behoort.
U moet vir hulle die Herder wees en altyd vir hulle sorg.

Currently Selected:

Psalms 28: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy