YouVersion Logo
Search Icon

Genesis 8

8
Die Here laat die watervloed ophou
1God het gedink aan Noag en die diere wat saam met hom in die ark was. God het 'n wind oor die aarde laat waai. Die water het minder geword en begin sak. 2Die fonteine het toegegaan, en dit het opgehou reën.
3Die water het minder en minder geword en weggesak. Na 150 dae het die water baie vlakker geword. 4Op die sewentiende dag van die sewende maand het die ark op die Ararat-berge gaan lê. 5Die water het nog minder en minder geword, en op die eerste dag van die tiende maand kon die mense in die ark die boonste punte van die berge sien.
6Ná nog 40 dae het Noag die venster oopgemaak van die ark wat hy gebou het. 7Hy het 'n kraai laat uitvlieg. Maar die kraai het aangehou vlieg totdat die water opgedroog het. 8Toe het Noag 'n duif laat uitvlieg om uit te vind of die water weggevloei het van die grond af. 9Die duif het nie 'n plek gekry waar hy kon gaan sit nie, en hy het teruggekom na die ark, na Noag toe. Die water was nog oor die aarde. Toe die duif terugkom, het Noag sy hand uitgesteek en hy het die duif gevang. Hy het die duif weer in die ark ingebring. 10Noag het nog sewe dae gewag. Hy het die duif toe weer laat uitvlieg. 11Daardie aand het die duif na hom toe teruggekom, en daar was 'n vars olyfblaar in sy bek. Noag het toe geweet die water het baie minder geword. 12Hy het nog sewe dae gewag. Toe het hy weer die duif laat uitgaan, maar die duif het nie na hom toe teruggekom nie.
13Toe Noag 601 jaar oud was, op die eerste dag van die eerste maand, was die water weg. Noag het die ark oopgemaak en gesien die grond het begin droog word. 14Op die sewe-en-twintigste dag van die tweede maand was die aarde droog.
Noag gaan uit die ark uit
15Toe sê God vir Noag: 16“Jy en jou vrou en jou seuns en jou skoondogters moet nou uit die ark uitgaan. 17Al die diere en die voëls wat by jou in die ark is, moet saam met jou uitgaan. Hulle moet meer word sodat daar weer baie diere oral op die aarde kan wees.”
18Noag en sy seuns, sy vrou en sy skoondogters het toe almal uit die ark gegaan. 19Al die verskillende soorte diere en voëls het ook uit die ark gegaan.
Die Here belowe Hy sal nie weer die aarde vervloek nie
20Noag het 'n altaar gebou om vir die Here 'n offer te bring.
Hy neem toe een van elke soort rein dier en een van elke soort rein voël, en hy offer brand-offers op die altaar vir die Here. 21Die offers het lekker geruik vir die Here, en Hy het gesê: “Ek sal nooit weer die aarde vervloek omdat Ek die mense wil straf nie. Die mense is so, hulle dink net slegte dinge vandat hulle gebore is. Maar Ek sal nie weer al die mense en diere doodmaak soos Ek nou in die watervloed gedoen het nie.
22“So lank soos die aarde
hier sal wees,
sal daar 'n tyd wees om te plant
en 'n tyd om te oes,
'n tyd wanneer dit koud is,
en 'n tyd wanneer dit warm is,
somer en winter, dag en nag.
Dit sal altyd so wees.”

Currently Selected:

Genesis 8: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy