YouVersion Logo
Search Icon

Deuteronomium 20

20
Hoe die Israeliete oorlog moet maak
1Moses het gesê: “Wanneer julle gaan oorlog maak teen julle vyande en julle sien die perde en die oorlogkarre en manne wat meer is as julle, dan moet julle nie bang word vir hulle nie, want julle God die Here is by julle, julle God die Here wat julle uit die land Egipte gebring het. 2Wanneer julle gereedstaan om oorlog te maak, dan moet die priester nader kom en hy moet praat met julle manne. 3Hy moet vir die manne sê: ‘Israeliete, julle moet luister! Julle staan nou gereed om oorlog te maak teen julle vyande. Julle moenie moedeloos en bang word nie. Julle moenie skrik en bewe vir hulle nie, 4want dit is julle God die Here wat saam met julle gaan om julle te help om oorlog te maak teen julle vyande. Hy sal julle laat wen.’
5“Die voormanne moet dan vir die manne sê: ‘Wie het 'n nuwe huis gebou, maar het nog nie daarin gaan woon nie? Hy moet teruggaan na sy huis, want as hy in die oorlog sterf, dan sal 'n ander man miskien daar gaan woon. 6En wie het 'n wingerd geplant, maar het nog nie van die druiwe geëet nie? Hy moet teruggaan na sy huis, want as hy in die oorlog sterf, dan sal 'n ander man miskien die druiwe eet. 7En wie is verloof aan 'n vrou, maar het nog nie met haar getrou nie? Hy moet teruggaan na sy huis, want as hy in die oorlog sterf, dan sal 'n ander man miskien met die vrou trou.’
8“Die voormanne moet ook vir die manne sê: ‘Wie het moedeloos en bang geword? Hy moet teruggaan na sy huis sodat hy nie die ander manne ook moedeloos laat word nie.’
9“Nadat die voormanne met die manne gepraat het, moet hulle offisiere kies en aanstel om hoofde van die leër te wees. 10Wanneer julle gereed is om oorlog te maak teen 'n stad, dan moet julle vir hulle vra of hulle vrede wil maak. 11En as hulle sê dat hulle vrede wil maak, en hulle maak die poorte van die stad oop vir julle, dan moet hulle altyd vir julle werk. 12As hulle nie vrede wil maak nie, maar hulle wil oorlog maak teen julle, dan moet julle die stad van al die kante aanval. 13En as julle God die Here julle laat wen, dan moet julle al die mans doodmaak. 14Julle moet die vroue en die kinders en die diere en alles wat in die stad is, vir julleself vat. Julle moet die goed van julle vyande gebruik, julle God die Here gee dit vir julle. 15Dit moet julle doen met al die stede wat baie ver van julle is, maar julle moenie dieselfde doen met die stede van hierdie volke wat hier is nie. 16Nee, julle moet niemand laat aanhou lewe in die stede van hierdie volke nie, die stede wat julle God die Here vir julle gee om julle stede te wees. 17Julle moet niemand laat lewe nie, julle moet hulle almal doodmaak soos julle God die Here vir julle gesê het, die Hetiete en die Amoriete en die Kanaäniete en die Feresiete en die Hewiete en die Jebusiete. 18As julle dit nie doen nie, dan sal hulle vir julle leer om al die dinge te doen wat hulle vir hulle gode doen. Die Here haat daardie dinge, julle moenie sonde doen teen julle God die Here nie. 19Wanneer julle 'n stad 'n lang tyd van al die kante aanval en oorlog maak teen die mense om hulle te oorwin, dan moet julle nie die vrugtebome afkap nie. Die bome is nie mense teen wie julle moet oorlog maak nie, julle moet die bome se vrugte eet. 20Julle mag net die bome afkap as julle weet dit dra nie vrugte nie. Julle mag daardie bome afkap en dit gebruik om dinge te maak om in die stad te kom, die stad waarteen julle oorlog maak totdat die mure omval.”

Currently Selected:

Deuteronomium 20: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy