YouVersion Logo
Search Icon

SAGARIA 7

7
’n Oproep tot geregtigheid en genade
1Op 7 Desember#7:1 Of Op die vierde dag van die negende maand, die maand Kislev. in die vierde jaar van koning Darius se regering, het daar nog ’n boodskap van die Here aan Sagaria gekom. 2Die mense van Bet-El het vir Sar-Eser en Regem-Melek en sy manne gestuur om die Here om genade te smeek. 3Hulle moes die volgende vraag aan die profete en die priesters by die tempel van die Here, die Almagtige, vra: “Moet ons voortgaan om in die vyfde maand te huil en te vas soos ons nou al vir baie jare doen?”
4Die Here, die Almagtige, het hierdie boodskap aan my gegee: 5“Sê vir die hele volk en vir al die priesters: ‘Toe julle in die 70 jaar van ballingskap in die somer en herfs#7:5 Grondteks gedurende die vyfde en sewende maand. gevas en gehuil het, het julle regtig ter wille van My gevas?
6“‘Nou nog dink julle nie aan My by julle heilige feeste nie, maar net aan julleself. 7Is dit nie dieselfde boodskap wat die Here jare gelede deur sy profete verkondig het toe Jerusalem en die dorpe van Juda vol mense was en die Suide#7:7 Grondteks Negev. en die Laeveld bewoon was nie?’”
8Hierdie boodskap het ook van die Here na Sagaria gekom: 9“Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: Oordeel regverdig en eerlik in regsake, wees liefdevol en simpatiek met mekaar. 10Moenie die weduwees, die weeskinders, die vreemdelinge en die armes verdruk nie. Moenie bose planne teen mekaar beplan nie.
11“Julle voorouers wou nie na hierdie boodskap luister nie. Hulle het hardkoppig weggedraai en hulle vingers in hulle ore gedruk om nie te hoor nie. 12Hulle het hulle harte so hard soos klip gemaak sodat hulle nie die voorskrifte of die boodskappe wat die Here, die Almagtige, deur sy Gees aan hulle deur die profete van vroeër gestuur het, gehoor het nie. Daarom was die Here, die Almagtige, so kwaad vir hulle.
13“Omdat hulle nie geluister het toe Ek hulle geroep het nie, sal Ek nie luister wanneer hulle na My roep nie, sê die Here, die Almagtige. 14Ek sal hulle met ’n stormwind verstrooi onder ver nasies waar hulle as vreemdelinge sal leef. Hulle land het so verlate geword dat niemand eers daardeur reis nie. Die land wat so mooi was, het ’n woestyn geword.”

Currently Selected:

SAGARIA 7: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy