YouVersion Logo
Search Icon

SAGARIA 6

6
Die agtste visioen: vier strydwaens
1Ek het weer opgekyk en vier strydwaens tussen twee koperberge sien uitkom. 2Die eerste strydwa is deur rooibruin perde getrek, die tweede strydwa deur swart perde, 3die derde een deur wit perde en die vierde een deur bont perde. 4“Wat beteken dit, Meneer?” het ek vir die engel wat met my praat, gevra.
5Hy het geantwoord: “Dit is die vier winde van die hemel wat uitgaan van waar hulle voor die Here van die aarde staan. 6Die strydwa met die swart perde gaan noord; die strydwa met die wit perde gaan wes#6:6 Grondteks gaan agter hom aan. en die strydwa met die bont perde gaan suid.”
7Die sterk perde was gretig om weg te trek en die aarde kruis en dwars te patrolleer. Eers toe Hy sê: “Gaan en deurkruis die aarde,” het hulle dit gedoen.
8Die Here het my geroep en gesê: “Dié wat noord gaan, laat die woede van my Gees daar bedaar.”
Jesua word gekroon
9Ek het nog ’n boodskap van die Here ontvang: 10“Geldai, Tobija en Jedaja sal geskenke van silwer en goud van die Jode in Babilon bring. Wanneer hulle aankom, moet jy hulle by die huis van Josia, die seun van Sefanja, ontmoet. 11Aanvaar hulle geskenke en maak ’n kroon van silwer en goud. Sit die kroon dan op die kop van Jesua, die seun van Josadak, die hoëpriester. 12Vertel hom dat die Here, die Almagtige, sê: Hier is die man met die naam Loot. Hy sal uitspruit van waar hy is en die tempel van die Here bou. 13Hy sal die Here se tempel bou en met eer beklee word. Van sy troon af sal hy as koning heers. Hy sal ook vanaf sy troon as priester dien#6:13 Of Daar sal ’n priester langs sy troon wees. en daar sal vrede en harmonie tussen hulle twee wees.
14“Die kroon moet in die tempel bly as ’n gedagtenis aan die vrygewigheid van die mense wat dit gegee het, Geldai, Tobija en die seun van Sefanja.”
15Mense sal van ver lande af kom om die tempel van die Here te herbou. Wanneer dit gebeur, sal julle weet dat my boodskappe van die Here, die Almagtige, af kom. Al hierdie dinge gebeur as julle nougeset gehoorsaam is aan die gebooie van die Here julle God.

Currently Selected:

SAGARIA 6: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy