YouVersion Logo
Search Icon

NUMERI 29

29
Fees van die Trompette
1“Die Fees van die Trompette#29:1 Ook die Nuwejaarsfees. word in die vroeë herfs gevier. Daardie dag moet julle bymekaarkom vir ’n gewyde byeenkoms. Julle mag nie met julle gewone werk aangaan nie. Op daardie dag moet die trompette geblaas word. 2Op daardie dag bring julle ’n brandoffer wat vir die Here vreugde gee. Dit bestaan uit ’n gesonde jong bul, ’n gesonde ram en sewe gesonde lammers van ’n jaar oud. 3Saam met die bul moet julle ’n graanoffer bring van vyf kilogram meel met olie gemeng, saam met die ram drie kilogram meel, 4en saam met elkeen van die sewe lammers een en ’n half kilogram meel. 5Daarmee saam moet julle ook nog ’n bokram as sonde-offer bring om versoening vir julle te bring. 6Hierdie offers is bo en behalwe die maandelikse en die gereelde brandoffer wat saam met die graanoffer en die drankoffers gebring word. Dit is ’n vuuroffer vir die Here wat vir Hom vreugde gee.”
Offers vir die Dag van Versoening
7“Tien dae later#29:7 Of Op die tiende van die sewende maand. gedurende die sewende maand, moet julle ’n gewyde byeenkoms hou. Julle moet julle dan verootmoedig. Op daardie dag mag julle geen werk doen nie. 8Julle moet vir die Here ’n brandoffer bring wat vir Hom vreugde gee. Dit moet bestaan uit ’n jong bul, ’n ram en sewe lammers van ’n jaar oud. Hulle moet almal gesond wees. 9Saam met die bul moet julle ’n graanoffer bring van vyf kilogram meel met olie gemeng, saam met die ram drie kilogram meel, 10en saam met elkeen van die sewe lammers een en ’n half kilogram meel. 11Julle moet ook nog ’n bokram as sonde-offer bring bo en behalwe die sonde-offer wat julle vir versoening bring saam met die gereelde brandoffer, die graanoffer en die drankoffer.”
Die Huttefees
12“Vyf dae later#29:12 Of Op die Dag van Versoening. moet julle ’n gewyde byeenkoms hou. Julle mag dan nie met julle gewone werk aangaan nie. Julle moet dan vir sewe dae lank die Huttefees vier tot eer van die Here. 13Op daardie dag moet julle ’n buitengewone brandoffer tot vreugde van die Here bring. Dit is ’n vuuroffer van dertien jong bulle, twee ramme en veertien lammers van ’n jaar oud. Almal moet gesond en sonder tekortkomings wees. 14Saam met elkeen van die dertien bulle moet julle ’n graanoffer bring van vyf kilogram meel met olie gemeng. Bring saam met elkeen van die twee ramme drie kilogram meel, 15en saam met elkeen van die veertien lammers een en ’n half kilogram meel. 16Julle moet ook nog ’n bokram as sonde-offer bring bo en behalwe die gereelde brandoffer saam met die graanoffer en die drankoffer.
17“Op die tweede dag van die fees moet julle twaalf jong bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers offer. Almal moet sonder tekortkomings wees. 18Bring daarmee saam die graanoffers en drankoffers volgens die getalle wat voorgeskryf is. 19Bring ook nog ’n bokram vir ’n sonde-offer bo en behalwe die gereelde brandoffer, graanoffer en drankoffer.
20“Op die derde dag van die fees moet julle elf bulle, twee ramme en veertien lammers van ’n jaar oud offer. Almal moet gesond en sonder gebrek wees. 21Bring daarmee saam die graanoffers en drankoffers volgens die getalle wat daarvoor neergelê is. 22Bring ook nog ’n bokram as sonde-offer bo en behalwe die gereelde brandoffer met sy graanoffer en drankoffer.
23“Op die vierde dag van die fees moet julle tien gesonde bulle offer en twee ramme en veertien lammers van ’n jaar oud. 24Bring saam met elkeen die graanoffers en die drankoffers, soos dit bepaal is. 25Julle moet ook nog ’n bokram as sonde-offer bring naas die gereelde brandoffer met sy graanoffer en drankoffer.
26“Op die vyfde dag moet julle nege bulle, twee ramme en veertien lammers offer. Almal moet gesond wees. 27Saam met die bulle, ramme en lammers moet die graanoffers en drankoffers gebring word volgens die getalle wat daarvoor bepaal is. 28Afgesien van die gereelde brandoffer, graanoffer en drankoffers, moet ook nog ’n ram as sonde-offer gebring word.
29“Op die sesde dag van die fees moet julle agt bulle, twee ramme en veertien lammers van ’n jaar oud offer. Almal moet gesond en sonder gebrek wees. 30Offer daarmee saam die graanoffers en drankoffers volgens die getalle wat daarvoor neergelê is. 31Offer ook nog ’n bokram as sonde-offer naas die gereelde brandoffer, graanoffer en drankoffer.
32“Op die sewende dag van die fees moet julle sewe gesonde bulle, twee ramme en veertien eenjarige lammers offer. 33Offer daarmee saam die graanoffers en drankoffers volgens die getalle wat bepaal is. 34Bring ook nog ’n bokram as sonde-offer bo en behalwe die gereelde brandoffer saam met die graanoffer en die drankoffer.
35“Op die agtste dag van die fees moet julle almal laat bymekaarkom. Daardie dag is daar geen werk nie. 36Bring ’n brandoffer wat vir die Here aangenaam is. Dit moet ’n bul, ’n ram en sewe eenjarige lammers wees wat almal sonder liggaamsgebrek is. 37Bring daarmee saam die graanoffers en drankoffers wat daarvoor bepaal is. 38Bring ook nog naas die gereelde brandoffer, graanoffer en drankoffer ’n bokram as sonde-offer.
39“Dit is die brandoffers, die graanoffers, die drankoffers en die maaltydoffers wat julle gedurende julle feeste vir die Here moet bring. Dit is naas julle gelofte-offers en vrywillige offers.”
40Moses het al hierdie voorskrifte vir die Israeliete gegee, soos die Here hom beveel het.

Currently Selected:

NUMERI 29: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy