Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte Voorbeeld

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

DAG 3 VAN 30

Een groot hindernis in ons geestelike lewe lê daarin dat ons groot dinge soek om te doen. Ons is veronderstel om gewone dinge in ‘n gewone menslike lewe te wees wat die wonder van God se genade uitbeeld. Die strik in die Christelike lewe is dat ons na daardie goue-randjie-oomblikke, die tye van opwinding soek; tog is daar tye wanneer daar geen goue randjie of opwinding is nie; tye wanneer God se roetine vir ons handdoeke en voete was insluit. Roetine is God se manier om ons tussen tye van inspirasie te red. Ons moenie van Hom verwag om gedurig vir ons opwindende oomblikke te gee nie.

Die lewe van Jesus is ‘n wonderlike voorbeeld van ‘n volmaakte menslike lewe, maar wat is die nut daarvan om aan ons vlekkelose heiligheid te wys as dit vir ons onmoontlik is om dit te bekom? Die openbaring wat deur die verlossing gemaak is, is dat God ‘n nuwe gesindheid in ons kan plaas waardeur ons ‘n hele nuwe lewe kan lei.

Oordenkingsvrae: Watter onrealistiese verwagtinge het ek? Op watter wyse demonstreer ek my gewilligheid om “klein” dingetjies vir God te doen?

Aanhalings uit: "Our Brilliant Heritage" en "The Psychology of Redemption", © Discovery House Uitgewers

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer en uitdaag met sy eenvoudige en direkte Bybelse wysheid.

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org