Leesplan inligting

Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte Voorbeeld

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

DAG 2 VAN 30

Wanneer God ‘n visioen gee en dit word deur duisternis gevolg, wag; God sal jou by die punt van ooreenstemming met daardie visioen bring, as jy net op sy tydsberekening sal wag. Ons probeer om van die bonatuurlike in God se planne ontslae te raak. Moet nooit probeer om God te help om sy woord tot vervulling te bring nie. Daar is sommige dinge wat ons net nie kan doen nie en dit is een van daardie dinge.



Sekerheid oor God beteken onsekerheid in die lewe; sekerheid in geloof maak ons onseker oor God. Sekerheid is die merk van ‘n lewe wat op gesonde verstand gebaseer is; onsekerheid is die kenmerk van ‘n geestelike lewe en dié twee loop hand-aan-hand.



Oordenkingsvrae: Is my hoop sterk genoeg om op God te wag, of moet ek altyd inspring om Hom te “help”? Het ek genoeg hoop op God om niks te doen nie, al voel dit asof iets gedoen moet word?



Aanhalings uit: "Not Knowing Where" en "The Love of God", © Discovery House Uitgewers
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer e...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid