Onbeskryflik: 'n 7-Dag Reis Oor God En Die WetenskapVoorbeeld

Indescribable: A 7-Day Journey About God And Science

DAG 4 VAN 7

GELOOFSBENE   

Bene — dis waar ons van die jellievis verskil. Wel ... bene, intelligensie, siele en nog 'n paar ander dinge. Die ding is, bene is geweldig belangrik. Die volwasse liggaam bestaan uit 206 bene — waarvan meer as die helfte in ons hande en voete is. Die femur (bobeen) is die langste, terwyl die stiebeuel (in die middeloor) die kleinste is.

Bene doen baie dinge vir jou liggaam. Byvoorbeeld, bene hou jou regop. Hulle vorm jou skelet en gee jou liggaam sy vorm. Bene verskaf ook die raamwerk waaraan jou spiere geheg is sodat jy kan beweeg, en hulle beskerm jou sagte weefsels en organe. Minerale wat jou liggaam nodig het, word in jou bene gestoor — soos kalsium. Beenmurg — aan die binnekant van jou bene — is ook die eintlike fabriek waar bloedselle vervaardig word. Dus, ja, die bene van jou skelet is nogal baie belangrik, maar hulle is nie die enigste bene wat jy het nie.

Jy het ook gesonde "geloofsbene" nodig. Hierdie bene hou jy gesond deur tot God te bid, Hom te prys, sy Woord te bestudeer en in gemeenskap met sy mense te lewe. Geloofsbene is van die mees belangrike bene wat jy in jou lewe moet vorm. Hulle help jou om in die regte rigting te beweeg wanneer jy volgens God se wil leef. Hulle beskerm die sagte weefsels van jou hart en siel. Hulle is ook die stoorplek van God se krag in jou gees sodat dit daar is wanneer jy dit nodig het. As jy jou geloofsbene gesond hou, sal hierdie bene jou staande hou wanneer versoekings en moeilike tye aanbreek. Wees verseker — jou geloofsbene is geweldig belangrik!

Wees Verwonderd!

Jy is eintlik met 300 bene in jou liggaam gebore, maar nou het jy net 206. Wat het gebeur? Het jy van jou bene verloor? Nee, sommige bene het aanmekaar gegroei. Byvoorbeeld, wanneer babas gebore word, is die bene wat hulle skedels vorm, nog los van mekaar. Hulle word deur 'n sterk membraan, die fontanel aanmekaar gehou. Dit vorm ook die "sagte plekkie" op 'n baba se kop. Met verloop van tyd, groei die bene saam en word solied.

Gebed

Here, wys my hoe om my "geloofsbene" sterk te hou — sodat ek altyd vir U regop kan staan! 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Indescribable: A 7-Day Journey About God And Science

Hierdie leesplan is gebaseer op Louie Giglio se kinder-oordenking "Indescribable: 100 Devotions About God & Science" en sal kinders help om die verstommende skepping van ons onbeskryflike God te ontdek. Ouers en kinders kan saam die wonders van die heelal met die Skepper ontdek. Dit is onmoontlik om God vir jou voor te stel. Hy reël tyd, skep lig, spreek dinge tot lewe — van die grootste sterre tot die kleinste seesterretjie. God is 'n kragtige, doelgerigte, persoonlike, ongeëwenaarde Skepper. Psalm 19:2 sê: "Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend." Ouers en kinders kan saam bemoedig word terwyl hulle in ontsag God se kreatiwiteit bestudeer. 

More

Ons wil graag vir Passion Publishing bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.louiegiglio.com/indescribable/ vir meer besonderhede en bronne oor die boek.