Onbeskryflik: 'n 7-Dag Reis Oor God En Die WetenskapVoorbeeld

Indescribable: A 7-Day Journey About God And Science

DAG 3 VAN 7

VINNIGER AS DIE SPOED VAN LIG 

Het jy al ooit gewens jy was teenwoordig toe God die wêreld geskape het? Regtig, hoe fantasties sou dit wees om te sien hoe Hy alles gemaak het?

Dit sou mos asemrowend en oorweldigend gewees het. Hoekom? Want toe God gesê het: "Laat daar lig wees!" was dit nie net die klik van 'n wêreldwye ligskakelaar nie. O nee! Dit was eerder soos 'n ontploffing van lig wat te veel vir ons oë sou wees.

Die Bybel vertel ons in Psalm 33:6 dat die hemele deur die woord van die Here gemaak is, deur sy bevel die heelal en al die hemelliggame. Dus, toe God gesê het Hy wil lig hê — het daardie lig teen 'n spoed van 299 338 kilometer per sekonde die wêreld binnegevlieg! Dit is hoe vinnig lig trek, daarom praat ons van die "spoed van lig." God se lig het dwarsoor die hemele geflits, die duisternis verdryf en die hele heelal in 'n gloed van skitterende heerlikheid verlig.

Slegs een voorwerp kan vinniger as die spoed van lig beweeg — en dit is die spoed waarteen God self beweeg. Wanneer jy na God in gebed roep, is Hy oombliklik daar om te luister — en Hy begin dadelik aan sy antwoord werk. God sal jou egter nie noodwendig onmiddellik antwoord nie. Soms vra Hy jou om te wag en soms gee Hy jou glad nie die antwoord wat jy graag wil hê nie. Jy kan egter seker wees dat God jou altyd die presiese, regte antwoord sal gee — op presies die regte oomblik en op die regte manier. Hy werk altyd vinniger as die spoed van lig!

Wees Verwonderd!

God se heelal is so groot dat dit nie in meters of selfs kilometers gemeet kan word nie. Ons het 'n groter meetinstrument daarvoor nodig: 'n ligjaar. 'n Ligjaar is — jy het reggeraai — hoe ver lig in 'n jaar trek, en dit is 9.5 biljoen kilometers. Ons melkweg sterrestelsel is 100 000 ligjare wyd. Dit is slegs een sterrestelsel uit al die miljarde wat ons magtige God geskep het!

Gebed

Vader, ek kan my nie eens indink hoe vinnig lig regtig trek nie. En om te weet dat U my gebede selfs vinniger hoor is eenvoudig te wonderlik. Dankie, Vader, dat U jaag om my te hoor!

Aangaande hierdie leesplan

Indescribable: A 7-Day Journey About God And Science

Hierdie leesplan is gebaseer op Louie Giglio se kinder-oordenking "Indescribable: 100 Devotions About God & Science" en sal kinders help om die verstommende skepping van ons onbeskryflike God te ontdek. Ouers en kinders kan saam die wonders van die heelal met die Skepper ontdek. Dit is onmoontlik om God vir jou voor te stel. Hy reël tyd, skep lig, spreek dinge tot lewe — van die grootste sterre tot die kleinste seesterretjie. God is 'n kragtige, doelgerigte, persoonlike, ongeëwenaarde Skepper. Psalm 19:2 sê: "Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend." Ouers en kinders kan saam bemoedig word terwyl hulle in ontsag God se kreatiwiteit bestudeer. 

More

Ons wil graag vir Passion Publishing bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.louiegiglio.com/indescribable/ vir meer besonderhede en bronne oor die boek.