Onbeskryflik: 'n 7-Dag Reis Oor God En Die WetenskapVoorbeeld

Indescribable: A 7-Day Journey About God And Science

DAG 1 VAN 7

DIE GELUIDE VAN STILTE

Het jy geweet wanneer jy in die buitenste ruim is, jy kliphard langs iemand kan skree, maar daardie persoon sal niks hoor nie? Dit het ook niks te doen met die ruimtehelm wat gedra word nie. Die rede is omdat jou stem as klankgolwe trek, en klankgolwe het iets nodig om dit te gelei — soos die aarde se atmosfeer. Aangesien daar geen atmosfeer in die ruimte is nie, is daar niks wat klankgolwe kan gelei nie. Ruimtevaarders maak dus van 'n ander soort golf gebruik om met mekaar te praat: radiogolwe, wat nie atmosfeer nodig het om dit te gelei nie.

God het egter geen klank- of radiogolwe nodig om ons te kan hoor nie. Dit is omdat ons gebede ons stemme na God toe gelei. As die God wat die totale heelal geskape het, altyd gereed is om te luister wat ons sê — hoekom bid ons nie meer dikwels nie?

'n Deel van hierdie antwoord is dat ons aandag afgelei word en ons dan besig raak. Ons raak besig met skool, kerk, gesin, vriende en honderde ander dinge. Dan is daar natuurlik elektroniese boodskappe, video speletjies, TV programme en flieks, en ons rekenaarwerk. Ons staar gemiddeld byna agt ure per dag na een of ander skerm: televisie, rekenaar, selfoon — dis dan amper 60 ure per week!

Te midde van al hierdie pret, lekkerte en opwindende dinge, sê God: "wees stil" (Psalm 46:11 NLV) en bid tot Hom. Gebed is wanneer ons God prys vir wie Hy is, Hom dank vir alles wat Hy vir ons gee, en Hom vra vir dit wat ons nodig het.

Probeer dit vandag. Soek 'n spesiale plekkie waar jy alleen met God kan wees. In 'n boomhuis, 'n hoekie in jou kamer of selfs in 'n borrelbad. Wees stil en praat met God en luister na sy antwoord. Onthou ook, God praat gewoonlik met 'n stil, sagte stem — maak dus seker dat jy fyn luister.

Wees Verwonderd!

Gebed is só belangrik dat Jesus — God se eie Seun — tyd afgesonder het om te bid. Gaan kyk in Lukas 5:16; 6:12; en Matteus 14:23, na plekke waar Jesus gebid het.

Gebed

Vader, dankie dat U tyd met my wil deurbring. Dankie dat U altyd na my luister en my gebede beantwoord.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Indescribable: A 7-Day Journey About God And Science

Hierdie leesplan is gebaseer op Louie Giglio se kinder-oordenking "Indescribable: 100 Devotions About God & Science" en sal kinders help om die verstommende skepping van ons onbeskryflike God te ontdek. Ouers en kinders kan saam die wonders van die heelal met die Skepper ontdek. Dit is onmoontlik om God vir jou voor te stel. Hy reël tyd, skep lig, spreek dinge tot lewe — van die grootste sterre tot die kleinste seesterretjie. God is 'n kragtige, doelgerigte, persoonlike, ongeëwenaarde Skepper. Psalm 19:2 sê: "Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend." Ouers en kinders kan saam bemoedig word terwyl hulle in ontsag God se kreatiwiteit bestudeer. 

More

Ons wil graag vir Passion Publishing bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.louiegiglio.com/indescribable/ vir meer besonderhede en bronne oor die boek.