Leesplan inligting

Vry Van Myself: Hoekom Die Lewe Beter Is As Alles Nie Om Jou Draai NieVoorbeeld

Free Of Me: Why Life Is Better When It’s Not All About You

DAG 3 VAN 7

Die Valse Beloftes van 'n Verhewe Selfbeeld



Wanneer ons met onsekerheid, gebrokenheid en vrees te doen kry, sê die wêreld: "Fokus op JOUSELF! Jy is wonderlik. Jy is spesiaal." Hierdie boodskap klink amper soos God wat sê: "Ek het 'n wonderlike plan vir jou!" Hierdie boodskappe is op sigself nie sleg of verkeerd nie. Dit is belangrik dat jy vir jouself omgee. Dit kan egter nie jou fokuspunt wees nie. Die beloftes van 'n verhewe selfbeeld, kan jou ook net tot op 'n sekere punt neem. 



Dit is waar dat 'n lae selfbeeld jou onseker kan laat voel. As jy met vernederende leuens te doen kry oor wie jy is, is die antwoord in die Bybelse waarhede van God te vind. Sy liefde, sy ontferming, sy aanvaarding en sy erkenning, is soos salf wat 'n wond gesondmaak. 



Daar is ook 'n tweede rede vir onsekerheid: selfbeheptheid. Selfbeheptheid veronderstel dat elke klein verwerpinkie en ongemaklike interaksie om jóú draai. Selfbeheptheid maak verhoudings, ouerskap, jou werk en dienswerk moeiliker, omdat dit alles in 'n referendum oor jou waarde laat verander. Dit plaas ook jou foute onder die vergrootglas, omdat jy gedurig van hulle bewus is. 



'n Lae selfbeeld en selfbeheptheid raak verstrengel, maar dit is noodsaaklik dat jy die verskil tussen die twee ken. Hoekom? Want hulle vereis verskillende oplossings. As jy jou selfbeheptheid op dieselfde manier as jou lae selfbeeld behandel – met goedkeuring – gaan dit die probleem vererger. Goedkeuring voed net jou selfbeheptheid en jou behoefte aan goedkeuring bly onversadig.



Die enigste manier om weg te kom van selfbeheptheid, is om van jouself te vergeet. Dit is hoekom boodskappe van goedkeuring nie juis help nie. In my eie lewe het daardie boodskappe nie die fokus van myself af gevat nie, maar was eerder soos 'n spieël waarin 'n dowwer beeld van Jesus te sien was. Ek moes bevry word van my selfbeheptheid, al het ek positief oor myself gedink. 



Die antwoorde op die grootste lewensvrae lê nie binne jouself nie en draai nie om jouself nie. Of dit nou die oplossing vir jou diepste behoefte is of die genesing van jou grootste wonde, jou eie ek het dit nie. Op 'n stadium moet jy jou aandag vestig op die een wat die antwoorde het. Vestig jou oë op die enigste Een wat jou wonde kan genees en jou vrymaak. 






Hoe kan positiewe denke oor jouself jou aandag van God weglei? Wat is die verskil tussen selfliefde en om op jouself te fokus?






Om meer oor Free of Me uit te vind, besoek http://sheworships.com/free-of-me-book  


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Free Of Me: Why Life Is Better When It’s Not All About You

Ek het iets verrassends ontdek: om vir myself te lewe is baie werk. Dit mag dalk bevrydend klink om gefokus te bly om die beste "ek" te wees, maar dit is eintlik 'n baie swaar las om te dra — God het ons eerder geroep om...

More

Ons wil graag dankie sê vir Baker Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://sheworships.com/free-of-me-book

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid