Vry Van Myself: Hoekom Die Lewe Beter Is As Alles Nie Om Jou Draai NieVoorbeeld

Free Of Me: Why Life Is Better When It’s Not All About You

DAG 2 VAN 7

Die Weerkaatsing in die Spieël

Dis moeilik om nie in 'n spieël te kyk nie, nie waar nie? As jy by 'n spieël verbyloop, gaan jy noodgedwonge daarin kyk. Ons almal doen dit. 

Hierdie gewoonte is ook waar van verhoudings. Ons kyk voortdurend na ander om te sien hoe ons moet lyk. As ons dit doen, laat ons mense, ons besittings en ons werk toe om ons selfbeeld te vorm. As die beeld goed is, voel ons goed. As die beeld sleg lyk, voel ons onseker oor onsself. 

Die weerkaatsing in die spieël maak dat ons alles om ons laat draai, al is dit nie so nie. Dalk groet 'n vriendin jou nie by die werk nie en jy aanvaar dat sy kwaad is vir jou. Dalk is die kassier by die winkel onbeskof en jy neem dit persoonlik op. Miskien het jy aangebied om met iets by die kerk te help en voel jy seergemaak as niemand vir jou dankie sê nie.

As jy mense soos spieëls behandel, skep jy 'n wêreld wat net om jou draai. Kyk na sosiale media. Studies bewys dat Facebook 'n direkte invloed op jou persoonlike bevrediging het, want gebruikers sien die "hou van" en kommentare as 'n maatstaf vir hulle waarde. Dit is so maklik om jouself te vergelyk: Hoekom hou mense nie so baie van my foto's nie? Is my kinders nie oulik nie? Hou mense minder van my? 

Dit stop egter nie daar nie. Kyk maar na huwelike en verhoudings. Het jy al ooit jou wederhelfte gedwing om iets te doen, of om op 'n sekere manier op te tree, omdat dit saakmaak hoe dit jou laat lyk? Het 'n ongesonde verhouding jou selfbeeld gevorm? Wat van vriendskappe? As 'n vriend jou nie terugbel nie, of nie 'n e-pos antwoord nie, hardloop jou gedagtes met jou op hol met vrae soos: "Wat het ek verkeerd gedoen?" Dalk was sy net eenvoudig te besig, maar nee, jy kom tot verkeerde gevolgtrekkings oor jouself. Dis omdat al ons verhoudings soos spieëls kan werk.

Toe ek besef dat ek my verhoudings en bediening net om myself laat draai het, het ek gesien dat my selfvertroue van hulle suksesse of mislukkings afhanklik was. 'n Suksesvolle skrywersbediening het beteken dat ek waarde gehad het. Suksesvolle vriendskappe het beteken dat ek geliefd was. Die teenoorgestelde was egter ook waar, en dit het my terneergedruk en onseker oor myself laat voel. 

Dit is die natuurlike uitvloeisel van afgodery. As ons enige iets bo God stel, is dit net 'n kwessie van tyd voor dit ons in die hakskeen byt. 


Wat is iets in jou lewe waaroor jy onseker voel? Waar dink jy kom daardie onsekerheid vandaan? Hoe laat dit jou op jouself fokus?


Om meer oor Free of Me uit te vind, besoek http://sheworships.com/free-of-me-book 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Free Of Me: Why Life Is Better When It’s Not All About You

Ek het iets verrassends ontdek: om vir myself te lewe is baie werk. Dit mag dalk bevrydend klink om gefokus te bly om die beste "ek" te wees, maar dit is eintlik 'n baie swaar las om te dra — God het ons eerder geroep om ons vreugde daarin te vind om allereers op Hom te fokus. Ek hoop die kort oordenkings uit my boek "Free of Me", vind aanklank by jou begeerte om jou los te maak van jouself en aan God vas te hou. Daar vind ons ware vryheid!

More

Ons wil graag dankie sê vir Baker Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://bakerbookhouse.com/products/41181