Die NalatenskapsreisVoorbeeld

The Legacy Journey

DAG 16 VAN 31

Planne Vir Voorspoed

As ek jou vra om God se eienskappe wat vir jou die meeste beteken, te noem, raai ek dat jy vinnig 'n lys kan saamstel. Jy sal waarskynlik dinge soos liefde, genade, barmhartigheid, getrouheid en kreatiwiteit noem — en jy sal reg wees! God besit al daardie wonderlike eienskappe en soveel meer.

Maar ek moet jou dit vra: waar sal jy "beplanning" op jou lys sit? Ek dink dit sal nie baie hoog wees nie, al praat jy van die God wat die heelal geskep het en dit alles aan die gang hou. God het beslis 'n plan gehad. Trouens, ek dink vir God gaan alles oor beplanning!

En dit is een van die dinge van God waarvan ek regtig hou, want ek is ook 'n beplanner. Ek hou nie baie van verrassings nie. Ek wil weet watter stappe die mees effektiewe uitkoms moontlik sal hê. Ek moedig ook my spanlede aan om doelwitte te stel en te beplan hoe hulle daardie doelwitte gaan bereik.

Dit is maar net hoe ek is. Dit is ook 'n manier waarop ek die beeld van God in my lewe weerspieël.

God het die profeet Jeremia gebruik om sy volk daaraan te herinner dat Hy 'n plan vir hulle gehad het. Weens hulle sonde het hulle in ballingskap beland, maar God het hulle nie vergeet nie. Hy het 'n plan gehad — 'n plan om hulle te seën, om vir hulle hoop vir die toekoms te gee.

God het ook 'n plan vir jou om voorspoedig te wees. Hy wil saam met jou deur die verskillende stadiums van die lewe gaan en jou na 'n lewe ver bo jou verwagtinge lei.

Soms val selfs ons beste planne uitmekaar, maar God se planne werk elke keer. Volg God se plan vir jou terwyl jy Die Nalatenskapsreis loop. Hy wil vir jou hoop gee, en Hy wil jou toekoms die beste maak wat dit kan wees.

Almal het 'n bietjie hulp nodig wanneer dit by die beplanning van die toekoms kom. Die Nalatenskapsreis neem jou deur die stappe om jou gesin se toekoms te verseker. Om meer te leer, besoek daveramsey.com/legacy.

Aangaande hierdie leesplan

The Legacy Journey

Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ander te leer hoe om beheer oor hulle geld te neem, sodat hulle kan lewe en gee soos nog nooit tevore nie. Oor die volgende 31 dae, sal Dave jou lei deur wat die Bybel oor geld en rykdom te sê het en hoe om so te lewe dat jy ‘n nalatenskap sal agterlaat vir die geslagte wat volg.

More

Ons dank gaan aan Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: daveramsey.com/legacy