Leesplan inligting

Die NalatenskapsreisVoorbeeld

The Legacy Journey

DAG 1 VAN 31

Die Nalatenskapsreis



Jare gelede het ek alles verloor. Teen die ouderdom van 26 het ek R57 miljoen in eiendom besit, maar my ryk was op skuld en swak besluite gebou. Dus, toe die banke ons lenings begin terugtrek, het alles inmekaar getuimel. Teen 30 was ek bankrot.



Ek het God ontmoet op my pad boontoe. Maar ek het Hom werklik leer ken op my pad ondertoe! Soos ek Hom beter leer ken het, het ek sekere basiese finansiële beginsels in die Bybel begin raaksien. Ek het geleer om nie skuld te maak nie, om binne ‘n begroting te lewe, om met minder te lewe as wat ek verdien, om te spaar en te belê. Dit het my geruk. Ek kon Hom amper hoor sê: “Word wakker! Jy kies die verkeerde pad!”



Ek moes nie net wakker word nie, ek het besef ek moet ook grootword. Ek moes ‘n volwasse siening oor rykdom ontwikkel, ‘n Bybelse siening wat God se eienaarskap erken en ook my verantwoordelikheid om sy bates tot sy eer te bestuur.



Dit was ook Salomo se perspektief in Prediker 5:19. Rykdom is ‘n geskenk van God, maar Hy gee dit vir ‘n doel. Hy verwag van ons om dit wat Hy voorsien, te gebruik om sy koninkryk uit te brei en om ‘n nalatenskap te vestig wat nog vir jare aan Hom die eer sal gee.



Oor die volgende 30 dae gaan jy dieper delf in wat dit beteken om so ‘n nalatenskap op te bou. Jy gaan leer wat die Bybel oor rykdom sê en hoe om seker te maak dat rykdom nie beheer oor jou en jou gesin oorneem nie. Jy gaan leer hoe om God se geskenk te geniet, terwyl jy dit gebruik om ‘n verskil in jou woonbuurt en in die wêreld te maak.



Jy moet verstaan dat hierdie ‘n reis is. Om ‘n Goddelike nalatenskap te bou, verg tyd en inspanning. Dit verwag dissipline en toewyding. Dit is ‘n uitdagende reis.



Maar dit is beslis ‘n reis wat die moeite werd is om te onderneem.



Wil jy dieper delf in wat die Bybel te sê het oor geld en rykdom? Die Nalatenskapsreis is ‘n splinternuwe, Bybelgebaseerde lesing, wat die raamwerk verskaf om nou doelbewus te lewe, sodat jy ‘n nalatenskap kan los wat jou gesin se toekoms sal verseker en ook ‘n blywende invloed in die wêreld sal maak. Besoek daveramsey.com/legacy om meer te leer.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Legacy Journey

Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ande...

More

Ons dank gaan aan Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: daveramsey.com/legacy

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid