Leesplan inligting

Billy Graham se Rede Vir My HoopVoorbeeld

Billy Graham's The Reason For My Hope

DAG 12 VAN 15

Genadeboom




Die Bybel sê die apostel Paulus het na die Joodse sinagoge gegaan en: “... op drie sabbatdae na mekaar uit die Skrif met die Jode geredeneer. Hy het die Skrif uitgelê en daaruit aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dood moes opstaan. 'Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig,' het hy gesê, 'Hý is die Christus'” (Handelinge 17:2-3).




As jy vir Jesus soek, sal jy Hom nie aan die kruis kry nie en ook nie in die graf nie — die kruis is kaal, die graf leeg. Jou leë hart kan egter gevul word met die vergifnis van die bloedbevlekte kruis en heerlikheid van die leë graf. Hy leef en bly binne-in diegene wat Hom glo en gehoorsaam deur sy Woord te volg. Ons lewe en sterf, en tussendeur word ons almal dieselfde keuse gegee — wat sal ons met Jesus doen — die opgestane Christus? . . .




Soek jy Jesus? Hy is vandag naby jou. Kyk na die kruis, en jy sal die bewyse sien. Sy bloed is vir jou gestort — maar Hy is nie daar nie. Kyk na die graf, en jy sal die bewyse sien — dit is leeg — want Hy lewe! Die Bybel sê: “Kom na My toe dat julle gered kan word, almal op die aarde, want Ek is God, daar is geen ander nie” (Jesaja 45:22). Soek Jesus — Hy klop aan die deur van jou hart.




. . . Die bewyse is voor jou. Ondersoek dit en ondersoek dan jou hart. Rol die klip van ongeloof weg en aanskou die wonder van 'n leë graf en voel die opwinding van 'n vol hart en nuwe lewe. Die klip by Christus se graf is nie weggerol om Jesus uit te laat nie, maar om die ooggetuies in te laat om te verklaar: “Hy is uit die dood opgewek!”


Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Billy Graham's The Reason For My Hope

My Hope America met Billy Graham is 'n landswye poging deur mense net soos jy wat hul vriende en geliefdes wil bereik met die evangelie van Jesus Christus. Die daaglikse Skrifgedeeltes en bygaande boodskappe is geneem ui...

More

We would like to thank Billy Graham for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thomasnelson.com/the-reason-for-my-hope

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid