Leesplan inligting

Billy Graham se Rede Vir My HoopVoorbeeld

Billy Graham's The Reason For My Hope

DAG 11 VAN 15

My Hoop




Die Bybel . . . voorspel 'n wonderlike toekoms vir diegene wat op Hom vertrou. Hy wat alles goed doen, sal skoonheid uit die as van wanorde in die wêreld bring. ’n Nuwe wêreld sal gebore word. ’n Nuwe sosiale orde sal na vore tree wanneer Christus terugkom. ’n Fantastiese toekoms is op pad. Die wederkoms van Christus sal so revolusionêr wees dat dit elke aspek van die lewe op hierdie planeet sal verander. Christus sal in geregtigheid heers. Siekte sal uitgeskakel word. Die dood sal afgeskaf word. Oorlog sal uitgeroei word. Die natuur sal herskep word. Mans, vroue en kinders sal leef soos die lewe oorspronklik ontwerp was, in gemeenskap met God en mekaar.




Gee dit jou hoop vir werklike verandering? Indien nie, spoor ek jou aan om te ondersoek waar jy voor die God van oordeel staan, maar met die vaste hoop dat Hy dieselfde God van vrede is.




Iemand het eenkeer opgemerk dat daar drie dae per week is waaroor ons geen beheer het nie — gister, vandag en môre. Ons het net hierdie oomblik in tyd om voor te berei vir die ewigheid. Vir diegene wat uitstel; hoekom wag jy? As jy dink jy kan jouself slegs voorberei deur jou verlede eers skoon te maak, is jou pogings nutteloos. Jy kan nie jou verlede verander nie maar jy kan jou toekoms verander.


Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Billy Graham's The Reason For My Hope

My Hope America met Billy Graham is 'n landswye poging deur mense net soos jy wat hul vriende en geliefdes wil bereik met die evangelie van Jesus Christus. Die daaglikse Skrifgedeeltes en bygaande boodskappe is geneem ui...

More

We would like to thank Billy Graham for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thomasnelson.com/the-reason-for-my-hope

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid