Leesplan inligting

Billy Graham se Rede Vir My HoopVoorbeeld

Billy Graham's The Reason For My Hope

DAG 10 VAN 15

So Geliefd




Vanuit die hart van God tot by die kruis van Christus het verlossing sigbaar geraak. God was nie bereid om sy rug op die mensdom te draai nie. Sy liefde was te diep, en sy genade te wyd. Hy het daarna verlang om ons te herstel, te verlos en terug te bring na Homself. “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê” (Johannes 3:16).




Dit is wat God vir ons gedoen het. God het die hemel se beste geneem — die Here Jesus Christus — om die aarde se slegste te verlos. Die Seun van God het aan 'n kruis gesterf, 'n instrument van Romeinse marteling wat gemaak is vir die afskuwelikste oortreders.




Ons, as mensdom, is tot diens van die Satan verlei, maar ons ontrouheid en eiesinnigheid het nie God se liefde vir ons verhoed nie. In plaas daarvan het Hy die weg vir ons redding deur sy Seun, Jesus Christus, gebaan. Hy het die opoffering gemaak en 'n prys betaal wat ondenkbaar groter was as wat ons werklik werd was. Ons is verlos, vernuwe en herstel, nie met geld — silwer en goud — nie, maar met die kosbare bloed van Christus . . .




In die nag van 1 November 1934 is my verharde siel verlos. Ek het my wil verruil vir God se weg. Ek het my gevoellose hart verruil vir 'n gereinigde siel.





Ek het opwinding gesoek. Ek het dit in Christus gevind.


Ek het gesoek na iets wat perfekte vreugde en geluk sou bring. Ek het dit in Christus gevind.


Ek het gesoek na iets wat plesier sou bring en die diepste verlange van my hart sou bevredig. Ek het dit in Christus gevind.


Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Billy Graham's The Reason For My Hope

My Hope America met Billy Graham is 'n landswye poging deur mense net soos jy wat hul vriende en geliefdes wil bereik met die evangelie van Jesus Christus. Die daaglikse Skrifgedeeltes en bygaande boodskappe is geneem ui...

More

We would like to thank Billy Graham for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thomasnelson.com/the-reason-for-my-hope

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid