Leesplan inligting

Oorkom Gedagtes van Selfdood en SelfbeseringVoorbeeld

Overcoming Thoughts of Suicide and Self-Harm

DAG 2 VAN 6

Jy is Geliefd


Het jy al ooit ongeliefd gevoel, asof niemand die ware jy kan liefhê nie?

Die waarheid is, ons Skepper God wat jou geskape het, is onvoorwaardelik lief vir jou. Dit maak nie saak hoeveel foute jy gemaak het, of hoe onwaardig jy voel om liefde te ontvang nie, God sal jou altyd sy kind noem. 


God het ons nie net lief bloot as 'n aksie nie. Hy is self die volmaakte verwesenliking van liefde, waarvan die Bybel sê dat ons dit kan ken en vertrou. Hierdie liefde van God is vrylik aan jou gegee. Jy kan nooit daarvan weggeskeur word nie. Dood, lewe, die hede, die toekoms — nie een van hierdie dinge het genoeg krag om jou van God se liefde te skei nie.


God sê nie net Hy is lief vir jou nie. Hy het dit aan ons bewys deur sy enigste Seun, Jesus Christus, te stuur as betaling vir al die sondes van die mensdom. Jesus is nie meer dood nie — Hy het wonderbaarlik uit die graf opgestaan, die dood vir altyd oorwin en 'n weg gebaan waardeur jy met Hom vir die res van jou lewe, tot in ewigheid, in 'n verhouding kan wees. Al wat jy hoef te doen, is om hierdie gratis geskenk van sy liefde te aanvaar en jouself daartoe te verbind om Hom te volg. Jy is geliefd!


Gebruik hierdie oomblik om God in gebed te nader: Vader, baie dankie dat U my nie net liefhet nie, maar dat U die volmaakte definisie van liefde is. Selfs wanneer ek onwaardig voel om enigiemand se liefde te ontvang, het U my nog steeds lief, en niks kan dit ooit verander nie! Vandag aanvaar ek hierdie gratis geskenk van liefde wat U aan my deur u Seun, Jesus, gegee het en vra vir 'n nuwe begin in my lewe. Ek verbind myself ten volle aan U. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.


Gaan Nou Oor Tot Die Daad


Praat met iemand by die Geestesgesondheid Hulplyn wat 24/7 gereed is om na jou te luister: skakel 0800 456 789.


Besoek verskeie hulpbronne in Suid-Afrika vir selfdood-voorkoming by  Krisis Hulplyne


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Overcoming Thoughts of Suicide and Self-Harm

As jy sonder hoop is, jouself al beseer het of selfdood-gedagtes gekoester het, moet jy weet daar is 'n God wat jou liefhet, 'n doel vir jou het en wat nou by jou is. Hierdie 6-dag leesplan van Life.Church sal jou help o...

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid