Leesplan inligting

Oorkom Gedagtes van Selfdood en SelfbeseringVoorbeeld

Overcoming Thoughts of Suicide and Self-Harm

DAG 5 VAN 6

Jy Kan Hierdie Duisternis Oorwin


Is daar 'n manier hoe jy hierdie pyn kan verdra? Kan jy dit ooit ontvlug?


Met die hulp van God, is die antwoord ja. Wanneer gedagtes om jouself te beseer jou denke oorheers, kies om hierdie leuens te verwerp en op God se beloftes vir jou te fokus. Die Bybel leer ons dat God "nie sal toelaat dat ons bo ons kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee sodat ons dit kan weerstaan" (1 Korintiërs 10:13). In God se krag kan jy die duisternis oorwin wat probeer om jou op jou knieë te dwing.


Indien jy met selfdood-gedagtes worstel of dit oorweeg om jouself te beseer om die pyn te verlig, besluit eerder om nou 'n aksieplan uit te werk vir die tye wanneer jy in versoeking kom om 'n vernietigende besluit te neem. Verwyder alles in jou omgewing waarmee jy jouself kan beseer. Maak seker daar is nommers op jou foon van mense wat jy kan bel en met wie jy kan praat; en memoriseer Skrifgedeeltes wat jou tydens hierdie worsteling sal help.


Een besondere Skrifgedeelte om te memoriseer is Filippense 4:8, wat ons aanmoedig om ons gedagtes op "alles wat waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig is te rig." In Filippense 4:13, leer ons dat ons "tot alles in staat is deur Hom wat ons krag gee." Wanneer jy jou aandag op God vestig, Hom soek en vas staan in sy krag, kan jy oorwinning smaak in elke ding wat die lewe na jou kant toe bring.


Onthou, wanneer jy swak is, is God sterk. Wanneer jy nie meer die krag het of die begeerte het om aan te gaan nie, roep uit na Hom toe en Hy sal jou vryheid gee. Jy kan hierdie duisternis oorwin!


Gebruik hierdie oomblik om tot God in gebed te nader: Jesus, baie dankie vir u belofte dat ek nooit voor enige versoeking te staan sal kom wat ek nie kan weerstaan nie. U sal altyd 'n weg voorsien en my versterk, selfs in my swakste oomblikke. Help my om my gedagtes op U beloftes te rig eerder as die leuens dat dit makliker is om handdoek in te gooi. Ek verklaar vandag dat ek met u hulp 'n oorwinnaar is en kan seëvier. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.


Gaan Nou Oor Tot Die Daad


Praat met iemand by die Geestesgesondheid Hulplyn wat 24/7 gereed is om na jou te luister: skakel 0800 456 789.


Besoek verskeie hulpbronne in Suid-Afrika vir selfdood-voorkoming by Krisis Hulplyne


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Overcoming Thoughts of Suicide and Self-Harm

As jy sonder hoop is, jouself al beseer het of selfdood-gedagtes gekoester het, moet jy weet daar is 'n God wat jou liefhet, 'n doel vir jou het en wat nou by jou is. Hierdie 6-dag leesplan van Life.Church sal jou help o...

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid