Leesplan inligting

Oorkom Gedagtes van Selfdood en SelfbeseringVoorbeeld

Overcoming Thoughts of Suicide and Self-Harm

DAG 3 VAN 6

Jy Is Waardevol

Het jy al ooit gevoel dat jy nie meer veel werd is nie? Dat jy soos beskadigde handelsware is? 


Die Bybel is baie duidelik daaroor hoe waardevol jy in die oë van God is. Ongeag wat jy aan jouself vertel wanneer jy op ‘n laagtepunt is, die waarheid is God het jou as sy meesterstuk geskape.


God het jou op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. Hy het jou aanmekaargeweef diep in die moederskoot, en jou na sy beeld geskape. As sy kind het Hy jou lief, selfs die hare op jou kop is almal getel!


Jesus vertel ons dat nie eens ‘n mossie op die grond val sonder die wil van die Vader nie. Hy sê ook jy is meer werd as baie mossies; kan jy dink hoe goed Hy jou ken en vir jou, sy meesterstuk, sal sorg? Jy is waardevol!


Gebruik hierdie oomblik om God in gebed te nader: Vader, baie dankie dat U my na u beeld geskape het. Help my asseblief om altyd te onthou dat ek op 'n wonderbaarlike wyse geskep en waardevol in U oë is. Wanneer ek begin dink ek is waardeloos of net ruimte in beslag neem, herinner my aan die waarheid — ek is u perfekte skepping. In die Naam van Jesus. Amen.


Gaan Nou Oor Tot Die Daad


Praat met iemand by die Geestesgesondheid Hulplyn wat 24/7 gereed is om na jou te luister: skakel 0800 456 789.


Besoek verskeie hulpbronne in Suid-Afrika vir selfdood-voorkoming by Krisis Hulplyne


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Overcoming Thoughts of Suicide and Self-Harm

As jy sonder hoop is, jouself al beseer het of selfdood-gedagtes gekoester het, moet jy weet daar is 'n God wat jou liefhet, 'n doel vir jou het en wat nou by jou is. Hierdie 6-dag leesplan van Life.Church sal jou help o...

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid