Vaste GeloofVoorbeeld

Vaste Geloof

DAG 5 VAN 7

Niks om te vrees nie

“Toe bid Elisa: ‘HERE, maak tog sy oë oop sodat hy kan sien!’ Die Here het sy dienaar se oë oopgemaak. Toe hy opkyk, sien hy dat daar baie perde en strydwaens van vuur op die heuwels rondom Elisa was.”
(2 Konings 6:17, NLV)

F.B. Meyer was ’n beroemde prediker wat gesê het: “Moenie jou oë opslaan en na Esau soek nie. Dié wat moeilikheid soek, sal binnekort moeilikheid kry. Kyk hoër – na Hom van wie ons hulp kom. Dan sal jy jou probleme met ’n onversteurde gees kan hanteer. Hulle wat God se aangesig gesien het, hoef nie die aangesig van ’n sterflike mens te vrees nie. Om krag te hê saam met God is om mag te hê oor al die boosheid wat ons bedreig.”

Jy sien, Jakob was baie liefdeloos teenoor Esau; hy het Esau uit sy eersgeboortereg verkul (Genesis 27:36), en toe kom Esau met 400 man na hom toe aan. Jakob het verwag dat dit tyd was vir vergelding. Maar wat het gebeur? Esau het na hom toe gehardloop en hom omhels (Genesis 33:1-4).

Miskien is daar iets in jou lewe waarvoor jy regtig bang is. Lig jou oë net ’n bietjie hoër op – soos Elisa se dienskneg (2 Konings 6:17). Ek verseker jou, as God aan jou kant is, hoef jy niks te vrees nie!

Aangaande hierdie leesplan

Vaste Geloof

Angus Buchan daag jou uit om tydens moeilike tye jou vertroue in God te stel. Vertrou God en beur voort en jy sal in geloof kan vasbyt. Wanneer jy na daardie berg voor jou kyk en dink: “Ek sal nooit daaroor kom nie,” onthou dat God gesê het: “Ek is by jou” (Jesaja 41:10, NLV). Staan sterk en hou vas aan jou geloof!

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us