Vaste GeloofVoorbeeld

Vaste Geloof

DAG 4 VAN 7

Om iets met geloof aan te pak

“... Wanneer ’n mens se geloof ’n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard. Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie.”
(Jakobus 1:2-4, NLV)

Daar kom ’n tyd in elkeen se lewe wanneer hy of sy iets in geloof moet aanpak. Daar is dalk baie dinge aan ons geleer en baie goed gewys, maar op ’n stadium moet ons die leisels stewig vasvat, op die perd klim en hom daadwerklik ry. Ons kan baie lesings en kursusse bywoon oor hoe om ’n perd te ry, maar dis eers wanneer ons op daardie perd se rug sit dat ons hierdie vaardigheid waarlik aanleer.

God sal jou beslis genoeg krag gee om jou probleem op te los. As jy daardie eerste tree gee en “op die water loop”, sal Hy jou dra (soos vir Petrus in Matteus 14). Al wat die Here van jou verwag, is om daardie eerste tree in geloof te gee. Wanneer ek terugkyk oor my eie lewe kan ek sien hoe ek tydens moeilike tye gegroei het (soos die belofte in Jakobus 1:2-4).

Moenie bang wees om tydens moeilike tye jou vertroue in God te stel nie. Hy sal jou in staat stel om te groei. Vertrou God en beur voort en sal jy in geloof kan vasbyt.

Aangaande hierdie leesplan

Vaste Geloof

Angus Buchan daag jou uit om tydens moeilike tye jou vertroue in God te stel. Vertrou God en beur voort en jy sal in geloof kan vasbyt. Wanneer jy na daardie berg voor jou kyk en dink: “Ek sal nooit daaroor kom nie,” onthou dat God gesê het: “Ek is by jou” (Jesaja 41:10, NLV). Staan sterk en hou vas aan jou geloof!

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us