Vaste GeloofVoorbeeld

Volkome vertroue
“... laat my nie arm of ryk wees nie. Gee asseblief vir my net dit wat nodig is. As ek te veel het, sal ek U verloën en vra: ‘Nou wie is die HERE?’ As ek te arm is, sal ek steel en my God se Naam beswadder.”
(Spreuke 30:8-9, NLV)
Wat ’n bloudruk om rykdom en nederigheid in ewewig te hou, kry ons nie in Spreuke 30:8-9 nie! Dit is tweede natuur vir mense om daarna te streef om selfgenoegsaam te wees. Ons wil immers nie van enigiemand afhanklik wees nie. God wil egter juis hê dat ons van Hom afhanklik moet wees en nie op ons eie vermoëns moet staatmaak nie.
Gevaar dreig wanneer ons te veel staatmaak op ons eie vermoëns, opvoeding, finansies – en nie op God nie. Onthou die verhaal van die dwase ryk boer in Lukas 12:14-21. Hy het ’n rekordoes gehad en vir homself gesê dat hy groter skure sou bou en dan sou terugsit en ontspan. God het egter vir hom gesê: “Jou dwaas! Vannag nog sal jy sterf. En alles wat jy bymekaargemaak het, wie sal dit kry?” (Lukas 12:20, NLV).
Kom ons hou aan om hard te werk, maar aan die einde van die dag moet ons ook besef dat ons selfgenoegsaamheid én ons toekoms ferm in die hand van die Skepper van die hemel en aarde lê.
Aangaande hierdie leesplan

Angus Buchan daag jou uit om tydens moeilike tye jou vertroue in God te stel. Vertrou God en beur voort en jy sal in geloof kan vasbyt. Wanneer jy na daardie berg voor jou kyk en dink: “Ek sal nooit daaroor kom nie,” onthou dat God gesê het: “Ek is by jou” (Jesaja 41:10, NLV). Staan sterk en hou vas aan jou geloof!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us





