SomtydsVoorbeeld

Dag 5: Somtyds is stilte goed
Markus 1:35 (NLV): “Nog voor dagbreek die volgende oggend het Jesus opgestaan en alleen op ‘n stil plek gaan bid.”
In ons besige wêreld is stilte skaars, dit is waardevol en uniek, daar is te min daarvan amper soos ‘n geldeenheid wat waarde verloor. Elke dag word ons oorlaai met geraas, verantwoordelikhede en stemme vanuit legio oorde wat ons aandag (weg) trek. Tog lees en leer ons vanuit die Bybel dat stilte goed is.
Dit is in die stil oomblikke wat ons die Here die duidelikste kan hoor.
Psalm 46:11 (NLV) sê: “Wees stil en weet Ek is God! Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe wees oor die hele aarde.” Hierdie woorde herinner ons dat stilte nie leeg of nutteloos is nie, maar ’n ruimte waar ons God se grootheid kan ervaar. Wanneer ek my hart tot rus bring en die geraas rondom my stilmaak, kan ek beter fokus op die Here se teenwoordigheid.
Ons teksvers wys juis dat ook Jesus stilte opgesoek het. Hy het Hom teruggetrek na ’n stil plek om alleentyd met sy Vader deur te bring. As Jesus, die Seun van God, stilte nodig gehad het, hoeveel te meer het ek en jy dit nie nodig nie? In stilte word ons geloof verfris en ons siele herstel.
Stilte is ook goed omdat dit ons help om te luister eerder as om te veel te praat. Ons is geneig om ‘n lang lys gebede voor ons Vader neer te sit, maar in stilte kan ons leer om sy stem werklik te hoor en sy wil vir ons lewens te onderskei.
Stilte is nie ’n teken van leegheid nie, maar van vertroue. Dit sê: “Here, U praat – ek luister. U lei – ek volg.”
In stilte leer ek om minder op myself en meer op Hom te vertrou.
Stilte se waarde is eindeloos!
Gebed: Here, leer my om die waarde van stilte te ontdek. Help my om rus te vind in u teenwoordigheid, weg van die geraas van die wêreld. Laat ek in stilte u stem hoor en u vrede ervaar.
Aangaande hierdie leesplan

Wat beteken die woord "somtyds"? Af en toe, nou en dan, of van tyd tot tyd. Tog klink en voel die woord "somtyds" net reg – dit is ’n kort, beskrywende woord wat breed geïnterpreteer kan word, veral omdat die woord "tyd" daarin voorkom. "Somtyds" is eintlik ’n samevatting van ’n begrip wat verband hou met tyd. Dis goed om doelbewus stil te staan en na te dink oor die hooftrekke van die lewe. Dit help ons om balans te vind, te besin oor ons prioriteite en die waarde van sekere oomblikke beter te verstaan.
More
Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.felicia-lategan.com
Verwante Leesplanne

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 1)

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Advent: Hy Spreek Sy Vrede Oor Sy Mense Uit

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense

Ek volg Jesus

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)

Follow, Fellowship, Fish

Geroep deur God

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 4)
