SomtydsVoorbeeld

Dag 2: Somtyds voel ek alleen
Johannes 14:18 (NLV): "Ek sal julle nie soos wesies in die steek laat nie; Ek kom terug na julle toe."
Daar is tye in elkeen se lewe waar ’n mens alleen voel, selfs al is daar mense rondom jou. Hierdie gevoel van eensaamheid kan swaar druk en ’n mens laat wonder of iemand jou regtig verstaan. Tog weet ons diep in ons gees dat hierdie gevoel nie die volle waarheid is nie: God se Woord verseker ons dat Hy altyd naby is.
Ook in Hebreërs 13:5 (NLV) sê God: “... Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie.” Dit beteken dat selfs wanneer ek voel ek alleen is, dit nooit werklik die geval is nie. God se teenwoordigheid is ’n vaste belofte, al voel my hart en gemoed koud en leeg.
Kyk na Dawid se psalms. Hy het dikwels uitgeroep: “Hoe lank nog, Here?” Hy het soms gevoel dat God hom vergeet het, maar tog eindig sy liedere met hoop en vertroue. Hy het geweet dat selfs al voel hy eensaam, God steeds sy toevlug en sterkte is, ‘n vaste Rots.
Wanneer eensaamheid ons oorweldig, kan ek en jy kies om ons oë op Jesus te rig. Ek kan in gebed na Hom gaan en my hart oopmaak. Ek kan ook ander gelowiges vra om my saam deur gebed en ondersteuning te dra. As liggaam van Christus is dit ‘n verantwoordelikheid wat ons het om mekaar te bemoedig, want God gebruik dikwels mense om sy liefde sigbaar te maak.
Somtyds voel ek alleen, maar die Heilige Gees woon in my en dra my deur elke oomblik. Daarom kan ek vashou aan die waarheid dat my gevoelens sal verander, maar God se liefde en teenwoordigheid bly altyd dieselfde.
Wat ‘n kosbare wete!
Gebed: Here, wanneer ek eensaam voel. Vul my hart met u vrede en liefde, en wys my die mense rondom my wat u hande en voete kan wees.
Aangaande hierdie leesplan

Wat beteken die woord "somtyds"? Af en toe, nou en dan, of van tyd tot tyd. Tog klink en voel die woord "somtyds" net reg – dit is ’n kort, beskrywende woord wat breed geïnterpreteer kan word, veral omdat die woord "tyd" daarin voorkom. "Somtyds" is eintlik ’n samevatting van ’n begrip wat verband hou met tyd. Dis goed om doelbewus stil te staan en na te dink oor die hooftrekke van die lewe. Dit help ons om balans te vind, te besin oor ons prioriteite en die waarde van sekere oomblikke beter te verstaan.
More
Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.felicia-lategan.com
Verwante Leesplanne

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)

Follow, Fellowship, Fish

Onbeperkte Liefde

Advent: Hy Spreek Sy Vrede Oor Sy Mense Uit

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 4)

Hoe Kosher is Jou Evangelisasie?

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense

Ek volg Jesus

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 1)
