Een lewe: 'n Studie van integriteit in HebreërsVoorbeeld

Dag 3: Te lig bevind
Nadat God alles in Genesis 1 gemaak het, kyk God daarna en maak die uitspraak: dit is goed. Die laaste van hierdie uitsprake sluit die hele, voltooide skepping in — ook die mens. Baie goed is die hoogste moontlike uitdrukking van goedkeuring. Die mens is volmaak geskape, na die beeld en gelykenis van God, om sy heerlikheid op aarde te weerspieël. God het die mens volmaak gemaak in:
- Precision (akkuraatheid) – soos ’n meesterstuk van ‘n kunstenaar.
- Position (plek) – geregtigheid voor God.
- Proximity (nabyheid) – in intieme verhouding met Hom.
- Purity (reinheid) – om Hom in denke en aksie te behaag.
- Purpose (doel) – aangestel om as sy verteenwoordiger te regeer.
Maar, soos Paulus verduidelik, het almal gesondig en ontbreek ons nou aan die oorspronklike gewig of volmaaktheid van God se heerlikheid. Toe Jesaja die heiligheid van God sien, het hy na homself gekyk — na sy eie onvolmaaktheid. Sy reaksie was: “Wee my!” (Jesaja 6:5 AFR53). Hy het diep bewus geraak dat hy, in die teenwoordigheid van God, "te lig bevind" is — net soos God se hand oor koning Belsasar geskryf het (Daniël 5:27 AFR53).
Jesaja het nou besef dat hy te kort skiet in:
- Precision (akkuraatheid) – afgedwaal van God se oorspronklike ontwerp.
- Position (plek) – staan skuldig voor God.
- Proximity (nabyheid) – vervreem van sy teenwoordigheid.
- Purity (reinheid)– onbevoeg om Hom te behaag.
- Purpose (doel) – het nie meer die vermoë om te heers nie, maar word nou deur sonde oorheers.
Jesaja het nie net sy eie onvolmaaktheid raakgesien nie, maar ook die wanhoop van sy totale onvermoë om dit te herstel. By redding is ons hartseer oor sonde van min waarde. Dit is die erkenning van ons totale onvermoë om onsself te herstel wat die vrugbare grond word waarin geloof kan groei — ’n geloof wat slegs op Jesus vertrou om nuwe lewe te gee. Selfs op die pad van heiligmaking is dit nie ons eie vermoë wat ons laat groei tot volwassenheid nie. Dis juis ons toenemende bewuswording van ons onvermoë wat ruimte skep vir geloof en rus in die afgehandelde werk van Christus.
Gebedsrefleksie
Dankie, Jesus, dat U genoeg is waar ons te lig bevind word. Leer ons om te rus, nie in ons eie vermoë nie, maar in u volmaakte werk. Vernuwe ons lewens sodat ons weer u heerlikheid op die aarde kan weerspieël. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

In Hebreërs ontmoet ons die Lewende Een wat in die middel van God se verhouding met die mensdom staan. Hier ontdek ons God se liefde in sy belofte om ons te herstel en aan ons ’n oorwinnende lewe te gee. Hierdie 15-dae leesplan neem ons op ’n reis — van moegheid na rus, van vervreemding na ’n plek waar ons behoort, en van alleenwees na die uitnodiging om deel te wees van God se familie.
More
Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.doxadeo.org
Verwante Leesplanne

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 1)

Geroep deur God

Advent: Hy Spreek Sy Vrede Oor Sy Mense Uit

Onbeperkte Liefde

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 4)

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)

Ek volg Jesus
