Een lewe: 'n Studie van integriteit in HebreërsVoorbeeld

Een lewe: 'n Studie van integriteit in Hebreërs

DAG 2 VAN 15

Dag 2: Om God se heiligheid te aanskou

Ons is tegelykertyd volmaak voor God en word geheilig deur God. Hierdie voortdurende proses van heiligmaking begin deur die heerlikheid van God te aanskou, geopenbaar in sy heiligheid en volmaaktheid.

Toe Jesaja God sien wat op die troon sit, is hy oorweldig deur die heerlikheid wat die hele aarde vul. Nie die prag van die tempel, of die kleed van God, of selfs die serafs het sy aandag só vasgevang soos die heerlikheid van God self nie. Die engele het in aanbidding en ontsag uitgeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here, die Almagtige” (Jesaja 6:3 AFR83).

Heiligheid beteken in wese, “andersheid” — God is radikaal anders as ons, in die sin dat ons aanbidders is wat in eerbied voor Hom neerbuig. Die teoloog John Frame skryf dat God se heiligheid sy vermoë en reg is om ons aanbidding en verwondering te ontvang. Dit spreek van sy uniekheid as Skepper, sy reinheid as God, en sy majesteit as Here en koning.

Waarom herhaal die engele dan die woord heilig drie keer? Sou dit nie genoeg wees om dit net een keer te sê nie? Die antwoord lê in die betekenis van herhalende woorde in Hebreeus — dit dui op intensiteit. Namate die engele die dieptes van sy heiligheid en skoonheid raaksien, neem hul aanbidding toe in krag en intensiteit.

Gebedsrefleksie

Vader, ek buig voor U in aanbidding. Lei my, Here, om u heerlikheid met onbedekte oë te aanskou en U te aanbid met toenemende dieptes van ontsag en verwondering.

Aangaande hierdie leesplan

Een lewe: 'n Studie van integriteit in Hebreërs

In Hebreërs ontmoet ons die Lewende Een wat in die middel van God se verhouding met die mensdom staan. Hier ontdek ons God se liefde in sy belofte om ons te herstel en aan ons ’n oorwinnende lewe te gee. Hierdie 15-dae leesplan neem ons op ’n reis — van moegheid na rus, van vervreemding na ’n plek waar ons behoort, en van alleenwees na die uitnodiging om deel te wees van God se familie.

More

Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.doxadeo.org