Die krag van ’n biddende vrouVoorbeeld

Wanneer hy stywer aan Jesus verbonde moet wees
"Ek is die druiwestok, julle is die lote. Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie" (Johannes 15:5, NLV).
Het jy al ooit gesien dat jou man so besig raak of so betrokke by iets raak, dat hy wegdryf van die dinge van die Here en afdwaal van die Here se pad vir hom? Dit kan maklik met ons almal gebeur as ons nie seker maak dat ons in die Woord van God bly en voortdurend met die Here in gebed praat en Hom aanbid nie. As jy sien jou man dwaal weg van die Here, bid vir hom. Vra dat hy sal besef Jesus is die druiwestok waaraan hy verbonde moet bly om vrugte te kan dra. Bid dat jou man duidelik sal besef dat hy niks met ewigheidswaarde sal kan bereik sonder Jesus in sy lewe nie. Bid dat hy sal ontdek dat God verheerlik wil word deur die vrugte wat in sy lewe na vore kom (Johannes 15:8).
Bid dieselfde vir jou. Ook jy moet aan Jesus verbonde bly sodat jy in Hom kan leef en Hy in jou. Jy sal die vrugte wat jy in jou lewe wil sien nie kan dra as jy nie ’n diep en blywende verhouding met Jesus het en dag en nag saam met Hom leef nie.
As jou man nog nie ’n verhouding met Jesus het nie, bid sonder ophou vir hom. Vra God om jou man nader aan Hom te trek sodat die Gewer van ’n vrugbare lewe julle al twee sal bemagtig om eendag saam vrugte te dra wat julle nooit gedink het moontlik sou kon wees nie. Daar is nie ’n man op aarde wat nie geseën sal word deur sy vrou se gebede vir hom om in ’n hegter verbondenheid met die Here te leef nie. En julle geluk en verhouding sal grootliks hierdeur beïnvloed word.
My gebed tot God
Here, ek bid dat U my man nader aan U sal trek, tot in ’n hegte verhouding met U. Ongeag hoe besig hy raak, bid ek dat U hom sal herinner dat hy nie kan leef sonder om U te erken as die bron van alles wat in sy lewe goed is nie. Gee aan hom die wysheid en onderskeidingsvermoë om te sien wanneer ander dinge in sy lewe sy aandag weglei van U en hy sy verhouding met U verwaarloos. Gee vir hom die begeerte na meer van U en u Woord. Maak hom daarvan bewus dat hy sonder U niks van waarde en niks blywend kan doen nie. Gee aan my man ’n begeerte na ’n dieper verhouding met U sodat sy verbondenheid aan U groot vrugte in sy lewe sal dra. Wys my hoe om my man hierin aan te moedig en te ondersteun. Net U weet wat sy hart diep sal raak.
Ek bid ook dieselfde vir my. Ek vra dat ek in U, die ware druiwestok, sal bly en U in my sodat my lewe op elke moontlike manier baie vrugte sal voortbring. Help my en my man om saam vrugbaar te wees. Laat u lewe só deur ons vloei dat ander dit sal sien en U sal loof as die bron van alles wat in ons lewe goed is. Mag hulle ons aan ons vrugte ken en U daarvoor loof.
Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

As vrou het jy die soort gebedslewe nodig wat jou sal laat moed hou. Stormie Omartian help jou in hierdie vyf oordenkings en intieme gebede om in gebed te volhard: vir jouself, vir jou man en vir julle huwelik. Of jou man nou saam met jou bid of nie, gee al jou bekommernisse aan God oor en Hy sal julle in Hom sterk maak terwyl julle die toekoms saam aanpak.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us
Verwante Leesplanne

Kersfees in Psalm 16: Volmaakte Vreugde

Geroep deur God

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 4)

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense

Follow, Fellowship, Fish

Ek volg Jesus

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 1)
