Die Troos van die Psalms in die Stryd van die LeweVoorbeeld

God lei ons
“Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal Hom onderrig aangaande die weg wat Hy moet kies” (Psalm 25:12 AFR53).
Daar is baie redes waarom ons God se leiding nodig het. Sommige van hulle word in hierdie Psalm genoem. Wat is hulle?
● Daar is soveel moontlikhede dat ons nie weet wat om te kies nie.
● Ons kan nie die gevolge van ons keuses voorsien nie.
● Ons kan so vasgevang voel dat ons geen uitweg sien nie.
● Ons is sondig en ons kan onsself nie vertrou om die regte pad te kies nie.
Daarom smag ons na God se leiding in ons lewens. Daar is 'n wonderlike belofte daaroor in Psalm 25:12 (AFR53): “Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal Hom onderrig aangaande die weg wat Hy moet kies.”
Wat 'n verligting! Ons het God se leiding nodig, en Hy is gretig om dit te verskaf!
God gee leiding aan 'n spesifieke groep mense. Vers 8 sê: “Die Here is goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.” Waarom lei God ons? Omdat Hy goed is! En wie onderrig Hy? Sondaars! Uiteindelik is dit ons almal. Wanneer jy moet erken dat jy 'n sondaar is, is dit erg genoeg, want dit beteken jy is verlore. Maar hier is die goeie nuus: God onderrig sondaars in die weg. God wil jou lei, want Hy weet jy het dit nodig.
Wend jy jou tot Hom vir leiding?
Aangaande hierdie leesplan

Die Psalms bied vertroosting, bemoediging en inspirasie in alle soorte lewensituasies. Hierdie leesplan bevat sewe psalms wat jou kan help om vertroosting by God te vind, in watter situasie jy jou ook al bevind.
More
Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.globalrize.org