Die Troos van die Psalms in die Stryd van die LeweVoorbeeld

Die Troos van die Psalms in die Stryd van die Lewe

DAG 1 VAN 7

'n Man of vrou na God se hart

"... Wees my genadig en hoor my gebed!" (Psalm 4:2 AFR53).

Dawid word in die Bybel 'n man na God se hart genoem. Psalm 4 wys vir ons verskeie redes waarom God hom so noem. Dit is dinge wat ons moet volg!

1. Sing. Dawid is die komponis en sanger van hierdie psalm. Hy aanbid God met sy hele hart.
2. Soek God tydens Moeilikheid. Wanneer probleme ontstaan, wend Dawid hom tot God en erken God se krag, sy eie beperkings en God se liefde. Deur gebed bely Dawid dat God omgee en soek hy tydens moeilikhede by Hom skuiling.
3. Erken God se Hand in Redding. Dawid het baie redes gehad om oor homself te spog. Hy was buitengewoon begaafd en het baie bereik. Tog het hy gekies om God te prys en te erken dat dit God is wat hom gered het.
4. Wees Seker van Jou Posisie by God. Sonder arrogansie glo Dawid stilweg daarin dat hy deur God gekies, geliefd is en gehoor word. Hierdie versekering is nie vir buitengewone individue gereserveer nie, maar is 'n integrale deel van die Christelike lewe.
5. Verlang dat Ander God moet Dien. Dawid roep vyande op om hulle te tot God te bekeer, en dring by hulle aan om God te vrees en nie te sondig nie.
6. Vind jou Vreugde in God. Dis maklik om jou vreugde in die dinge van hierdie wêreld te soek. Dawid gee 'n ander voorbeeld. Te midde van sy probleme, vind hy vreugde in God se teenwoordigheid en sien hy die uiteindelike goeie in God.
7. Ervaar Vrede deur Vertroue. Selfs terwyl hy vyande in die gesig staar, vertrou Dawid op God se beskerming. Hy kan vreedsaam slaap omdat hy staatmaak op God se getroue waaksaamheid en sorg.

Watter van hierdie sewe dinge is vir jou maklik of moeilik? Hoekom?

Aangaande hierdie leesplan

Die Troos van die Psalms in die Stryd van die Lewe

Die Psalms bied vertroosting, bemoediging en inspirasie in alle soorte lewensituasies. Hierdie leesplan bevat sewe psalms wat jou kan help om vertroosting by God te vind, in watter situasie jy jou ook al bevind.

More

Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.globalrize.org