Is ek sout en lig soos die Woord van my vra?Voorbeeld

Is ek sout en lig soos die Woord van my vra?

DAG 3 VAN 4

Laat julle lig skyn — motief en doel

"Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik" (Matteus 5:16 AFR53). Hier gee Jesus die doel van hierdie "lig." Die doel is nie dat mense Christene moet bewonder nie, maar dat God geëer word. Elke goeie werk — elke daad van barmhartigheid, geregtigheid, liefde en waarheid — moet uiteindelik God se karakter weerspieël.

Die Griekse werkwoord "skyn" is in die teenwoordige tyd; dit dui op 'n volgehoue lewenswyse. Ons lewens is nie 'n eenmalige flitslig nie, maar 'n voortdurende getuienis. Ons doel is nie selfverheerliking nie, maar Godverheerliking.

Wanneer mense God verheerlik op grond van wat hulle in ons lewens sien, beteken dit dat hulle Hom raaksien in ons optrede. Ware dissipelskap is wanneer ander God deur ons leer ken.

Die doel is selfs nie eens dat ons enige erkenning sal kry vir ‘n lewe van invloed en impak nie, maar alles het ten doel dat God verheerlik sal word. Dit is slegs God wat ons in staat stel om goed te doen, daarom kan net Hy die eer ontvang wanneer ons ‘n lewe van verskil lewe. Dit is om ander se lewens positief te impakteer en sodoende die God wat ons aanbid te weerspieël.

Vrae vir nadenke:

·Is God se eer of jou eie eer die motief agter jou dade?

·Watter spesifieke werke in jou lewe wys na God?

Aangaande hierdie leesplan

Is ek sout en lig soos die Woord van my vra?

Jesus beskryf die identiteit en roeping van sy volgelinge in die bergprediking (Matteus 5:13-16). Hierdie verse beeld gelowiges uit as "sout van die aarde" en "lig vir die wêreld". Dit is metafore wat wys op invloed, teenwoordigheid en getrouheid in 'n wêreld wat geestelik donker en moreel vervalle is. Jesus maak dit duidelik dat sy dissipels nie net vir hulself leef nie. Hierdie vierdagleesplan sal jou help om die oorspronklike konteks van hierdie kort maar kragtige gedeelte beter te verstaan en ook hoe dit vandag nog op elke gelowige van toepassing is.

More

Ons wil graag Moreleta Kerk bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.moreleta.org/