Is ek sout en lig soos die Woord van my vra?Voorbeeld

Is ek sout en lig soos die Woord van my vra?

DAG 4 VAN 4

Lig en sout in 'n gebroke wêreld — praktiese toepassing

Wanneer ons Matteus 5:13-16 lees, hoor ons 'n oproep tot 'n sigbare, transformerende geloof. Sout en lig is nie passief nie – die omgewing rondom sout en lig word altyd beïnvloed. Jesus spreek hierdie woorde uit in 'n wêreld wat onderdruk, korrup en geestelik koud is. Tog sê Hy: "Julle is…" (teenwoordige tyd). Dit is ’n identiteit wat reeds bestaan en nie iets wat ons eers moet word nie.

Christene word geroep om die waarheid in ’n wêreld vol wanhoop en verwarring te leef. Dit sluit in om regverdig op te tree waar onreg heers, hoop te bring waar moedeloosheid oorheers en getrou te wees waar kompromie maklik is. Ons is nie lig en sout deur ons eie krag nie, maar deur Christus in ons.

Vrae vir toepassing:

·Wat beteken dit om in jou unieke konteks aktief lig en sout te wees?

·Hoe kan jy God se heerlikheid in klein, daaglikse keuses sigbaar maak?

·Waar is God besig om jou te gebruik en is jy bereid om beskikbaar te wees?

Aangaande hierdie leesplan

Is ek sout en lig soos die Woord van my vra?

Jesus beskryf die identiteit en roeping van sy volgelinge in die bergprediking (Matteus 5:13-16). Hierdie verse beeld gelowiges uit as "sout van die aarde" en "lig vir die wêreld". Dit is metafore wat wys op invloed, teenwoordigheid en getrouheid in 'n wêreld wat geestelik donker en moreel vervalle is. Jesus maak dit duidelik dat sy dissipels nie net vir hulself leef nie. Hierdie vierdagleesplan sal jou help om die oorspronklike konteks van hierdie kort maar kragtige gedeelte beter te verstaan en ook hoe dit vandag nog op elke gelowige van toepassing is.

More

Ons wil graag Moreleta Kerk bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.moreleta.org/