'n Hart soos Jesus s'nVoorbeeld

Sterk hart-beginsels
"Met my hele hart soek ek U; moenie dat ek afdwaal van u gebooie nie" (Psalm 119:10, NLV).
Maryam Kouchaki en ’n span navorsers het in ’n studie in 2018 bevind dat mense wat hulle keuses as morele keuses verstaan, vinniger besluite neem as mense wat in dieselfde omstandighede nie van ’n soortgelyke morele kompas gebruik maak nie. Wanneer mense ’n keuse moet maak wat geanker is in hulle morele waardesisteem, oorweeg hulle gewoonlik nie enige ander opsies wat hiermee bots nie. Immorele opsies is nie vir hulle ’n alternatief nie.
In geloofsterme bevestig hierdie studie dat morele beginsels wat in ons harte geanker is, ons lewens eindeloos vergemaklik en vereenvoudig. Mense wat God se waarhede diep in hulle harte ingemessel het en Hom met hulle hele hart soek (Psalm 119:10), hoef byvoorbeeld nie te dink of skelm afloerdery van pornografie reg of verkeerd is nie. Hulle weet dit is verkeerd. Mense wat weet leuens en diefstal is verkeerd, dink nooit daaraan om dit te doen of te pleeg nie.
Sterk beginsels vereenvoudig ons keuses. Dit bring etiese eenvoud in ons lewens. Tog beteken dit nie ons geloof moet ons laat ophou dink nie. Geestelike volwassenheid in die Here gaan oor ’n geloof wat ons harte, ons verstand en die res van ons liggame aanraak. Dit laat ons ook eenvoudiger leef. Dit maak dat ons harte altyd in die Here se hand is. Of anders gestel, dit maak dat sy hart in ons binneste klop.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Stephan Joubert kom herinner jou vandag dat ons nie net vir onsself moet leef nie. Ons moet ’n hart soos Jesus s’n hê! Plaas jou hart vandag in die Heer se hand. Vra Hom om sy hart altyd in jou binneste te laat klop. Vra Hom om sy eie hart van geregtigheid en integriteit voortdurend in jou lewe sigbaar te maak vir dié om jou.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us
Verwante Leesplanne

Die sin van die lewe

Is ek sout en lig soos die Woord van my vra?

Die krag van ’n biddende vrou

Die deur is toe; wat nou?

Groei in geloof

Net ek en U Here, getrouheid in die geheime plek - PC Pretorius

Jou aandag

Die Troos van die Psalms in die Stryd van die Lewe

7 Lewensbesluite vir geestelike krag
