Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein ProfeteVoorbeeld

Bekering Oor Berou
Lees: Joël 1
SOAP: Joël 1:13-14
Trek rouklere aan, treur, priesters!
Kerm, julle wat diens doen by die altaar!
Dra julle rouklere selfs snags,
julle wat in die diens van my God is:
die graanoffer en die drankoffer is weggeneem uit die huis van julle God.
Bepaal 'n vasdag, roep die gemeente bymekaar, bring die leiers en al die inwoners van die land na die huis van die Here julle God toe. Roep uit na die Here!
Oordenking
In die openingsreëls van die boek Joël sien ons dat swerms sprinkane die volk Israel oorweldig en vernietig het. Al die kos is weg. Die land het opgedroog, en die mense en diere is in rou. Joël verkondig dat die Dag van die Here - die dag van oordeel - naby is. Hy roep die mense op om hulle te bekeer en terug te keer na hul geloof in die Here.
Die swerms sprinkane is geen toevallige gebeurtenis vir die volk nie. Hulle is die oordeel vir die mense se sonde. Trouens, dit moet vir hulle 'n herinnering wees aan die Here se oordeel oor Egipte tydens die plae (Eksodus 10:1-20). Wanneer God ‘n oordeel oor die mense bring, is dit nie 'n produk van onbesonne aksie of wraakgierige woede nie. In plaas daarvan laat God oordeel toe om aan hulle te toon dat Hy die enigste een is wat hoop, lewe en vrede kan bring.
Joël vertel ons dat die mense nie meer graan- en drankoffers na die tempel gebring het nie. Hierdie offers moes in geloof gegee word as 'n daad van aanbidding en vertroue dat God vir hulle sou voorsien.
Ware bekering is meer as net hartseer wees dat jy gevang is of hartseer oor die gevolge van jou sonde. Ware bekering kom uit diep hartseer oor ons sondigheid en die besef dat ons God bedroef en ander mense seergemaak het. Dit is om vergifnis te soek en na Christus te hardloop.
Ons is ook net soos die Israeliete. Ons is sondaars en moet ons van ons sondes bekeer. Ons sonde weerhou ons daarvan om 'n verhouding met God te hê. Dit is hoekom Jesus na die aarde gekom het. Hy het die hoogste prys vir ons sondes betaal, sodat ons nou vergifnis kan vra en die oorvloedige lewe kan leef deur die werk van Jesus.
Mag ons lewens gekenmerk word deur 'n erkenning van sonde, 'n goddelike hartseer, en 'n vinnige reaksie om ons na ons goeie en liefdevolle Verlosser te haas.
Gebed
Jesus, dankie dat U vir my sondes betaal het. Help my asseblief om te herken wanneer ek van u weë afgedwaal het, en help my om te bely en terug na U te hardloop, want dit is waar die lewe uiteindelik gevind word. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans