Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein ProfeteVoorbeeld

Welkom by ons Bybelstudie: Ons God wat ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete.
Wanneer ons vandag na die wêreld om ons kyk, is dit maklik om te wonder wanneer geregtigheid gaan seëvier en boosheid gaan ophou. God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Ons sien dat God altyd in beheer is en dat ons op Hom kan vertrou. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie.
Toe die mense van die koninkryke van Israel en Juda aanhou om van hulle goeie en liefdevolle God weg te draai, het God profete, of boodskappers, gestuur om die mense te laat terugkeer na ‘n verhouding met Hom. Ons kry hierdie boodskappe in die boeke van die klein profete.
In hierdie vier weke lange Bybelstudie met dagstukkies gaan ons in die boeke van die klein profete delf om ons God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies, wat geskryf is met die doel om jou te bemoedig, sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
Elke dagstukkie is beplan om by jou besige program in te pas. Ons God Wat Ons Opsoek: Om Ons Na Hom Terug Te Leigaan jou help om te wandel in die hoop dat God nooit opgee nie en daartoe verbind is omalles nuut te maak.
Indien jy meer te wete wil kom oor ons nie-winsgewende bediening by LGG, ons missie en vir nog meer studies, besoek ons aanlyn. Ons sien daarna uit om dieper in God se Woord te delf en die genade, vertroue en getrouheid wat voortvloei uit ‘n lewe saam met God, te ontdek.
______________________________
Hier by "Love God Greatly Afrikaans" gebruik ons die "SOAP"-metode vir ons Bybelstudies.
Wat is SOAP?
Hierdie metode maak dit vir jou moontlik om dieper in die verse te delf en meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om tyd in te ruim om die daaglikse verse te lees en self te sien hoeveel meer jy elke dag uit jou stiltetyd kan kry.
Wat beteken "SOAP"?
Die S staan vir "Scripture":
Jy skryf die teksverse neer. Jy sal verbaas wees om te sien wat God in sy Woord aan jou openbaar deur net tyd in te ruim om die verse neer te skryf.
Die O staan vir "Observation":
Wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?
Die A staan vir "Application":
Dit is wanneer jy die Woord van God persoonlik toepas. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het in my eie lewe toepas? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek aanbring?
Die P staan vir "Prayer":
Bid tot God en praat met Hom oor die Skrifgedeelte wat jy so pas bestudeer het. As Hy iets aan jou in sy Woord geopenbaar het, bid daaroor. Bely die sonde in jou lewe wat Hy vir jou uitgewys het.
______________________________
Inleiding:
As ons na die wêreld om ons kyk vandag, weet ons dat dinge nie is soos dit veronderstel is om te wees nie. Dit voel asof die kultuur waarin ons leef verder van God weg beweeg. Kwaad floreer en daar is 'n gebrek aan geregtigheid teen sonde. Die volk Israel het hulself in 'n soortgelyke situasie bevind: soms aan die hand van ander nasies en ander kere as gevolg van hulle eie toedoen.
Wyl ons wonder wanneer dinge gaan reg kom, herinner God se Woord ons daaraan dat dit nie die einde van die verhaal is nie. God is aan die werk, of ons dit kan sien of nie. Ons kan hoop hê vir vandag, wetende dat ons nie verlate of vergete is nie. God se Woord nooi ons uit en lei ons om Hom met ons dae te vertrou.
'n Belangrike deel van God se Woord wat ons lei, is in die klein profete opgeteken, "klein" verwys na die lengte van die boek en nie hul belangrikheid nie. Ons gaan deur vyf van die twaalf klein profete lees: Joël, Jona, Miga, Haggai en Maleagi.
Die boeke van die klein profete dek die tydperk voor, tydens en na die Babiloniese ballingskap. Die volk Israel het in twee koninkryke verdeel, Israel en Juda. Die mense het God herhaaldelik verwerp en hulle tot valse gode gewend. God het telkens boodskappers, of profete, gestuur om die volk terug te roep na 'n regte verhouding met Hom. Die profete het die volk gewaarsku omtrent die komende oordeel oor hul sonde en die sonde van die nasies wat Hy gebruik het om hulle te straf.
Alhoewel hierdie boodskappe van oordeel soms moeilik is om te lees, bied God ook boodskappe van hoop. God het belowe dat sy liefde nooit sal kwyn nie en dat Hy die getroues sal bewaar. Hy het nooit opgehou om bemoeienis met sy volk te maak nie. Dit was nie as gevolg van enige verdienste aan Israel se kant nie, maar eerder as gevolg van God se getrouheid.
Dieselfde is waar in ons eie lewens. God streef na ons met ‘n ewige liefde. Maak nie saak wat jy gedoen het of waar jy jouself bevind nie, jy is nooit te ver van die opsoekende liefde van God nie. Hy wil net ons harte hê. Sy genade, of onverdiende guns, is daar vir ons deur Jesus se volmaakte lewe, offer en opstanding.
Mag hierdie studie jou hoop gee dat God net so toegewyd is aan die behoud van sy mense as wat Hy is aan die lewering van geregtigheid teenoor die kwaad. Vanuit daardie hoop, mag jy sien dat 'n lewe toegewyd aan God en Jesus groter is as enigiets wat hierdie wêreld kan bied. Mag die woorde van die klein profete jou hart bemoedig om nader aan Christus te wees, vertrouend op sy reddende genade en mag jy kies om dapper 'n lewe van gehoorsaamheid te lei. En, wanneer die lewe moeilik raak en dinge buite beheer lyk, kan ons vertrou dat God nooit faal nie. Hy is soewerein in beheer en sal eendag alles nuut maak.
Maak nie saak wat jy gedoen het of waar jy is nie, jy is nooit te ver van die opsoekende liefde van God nie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans