Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein ProfeteVoorbeeld

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete

DAG 8 VAN 29

Oordenkingsvrae:

1. Wanneer ander na jou lewe kyk, sou hulle sê dat jy die wêreld of Jesus volg? Hoekom?

2. Aan watter sondes hou jy vas wat jou daarvan weerhou om die oorvloedige lewe te leef wat deur Christus beloof is? Watter sondes, indien enige, moet jy bely voor God en jou van bekeer? Neem tyd om te bid en te bekeer.

3. As jy God in drie woorde moet beskryf, watter woorde sou jy kies? Hoekom? Watter eienskappe van God is moeilik vir jou om te vertrou, en watter is maklik? Hoekom?

4. Wat in jou lewe voel gebroke? Neem 'n bietjie tyd om eerlik met God te wees en bid vir hoop terwyl jy wag en hoop op herstel.

5. Waar kom jy in die versoeking om wraak of geregtigheid in jou eie hande te neem? Hoe kan jy jou hande oopmaak om op God se verlossing te vertrou en vir jou vyande te begin bid?

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete

God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans