Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein ProfeteVoorbeeld

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete

DAG 7 VAN 29

God Sal Vergeld

Lees: Joël 3

SOAP: Joël 3:16

Die Here sal uit Sion brul, Hy sal sy stem uit Jerusalem laat hoor, en hemel en aarde salbewe. Die Here is ‘n toevlug vir sy volk ‘n veilige vesting vir die Israeliete.

Oordenking

Van ons vroegste jare af word ons die verskil tussen reg en verkeerd geleer. Wanneer ons of iemand vir wie ons lief is, onregverdig deur ander behandel word, of wanneer ons die verskriklike dinge sien wat aan mense regoor hierdie wêreld gedoen word, beleef ons dikwels woede. Die lewe is onregverdig en ons voel ‘n sterk behoefte om dinge reg te stel. Ons weet dat lewe hier op aarde nie is wat dit behoort te wees nie.

Natuurlik moet Christene hard werk om geregtigheid te bevorder namens diegene wat onderdruk en mishandel word. Daar is baie maniere waarop ons kan help om hierdie wêreld 'n bietjie meer draaglik vir ander te maak. Wanneer dit egter by wraak kom, is dit nie ons s'n om te soek nie. Dit is God se rol. God belowe in Joël 3 dat daar 'n toekomstige oordeelsdag sal wees waar Hy alle boosheid sal konfronteer en dit vir ewig sal verwyder. Dikwels kom ons motiewe vir wraak uit selfsug of woede. Alles wat God doen, is egter uit sy heilige karakter.

As gelowiges hoef ons nie bekommerd te wees om kwaad vir kwaad te vergeld of om seker te maak dat ons met geregtigheid behandel word nie. Ons word geroep om God te vertrou wat sal sorg dat elke bose daad wat teen ons of ander gepleeg word, as dit nie deur die kruis van Jesus vergewe word nie, in die openbaar gebring en regverdig hanteer sal word.

Joël sien 'n toekoms met twee kante. Aan die een kant sal daar verlossing en seën wees vir diegene wat aan God behoort, vir diegene wie se sondes deur Jesus Christus vergewe is. Maar aan die ander kant sal daar oordeel en vernietiging wees vir almal wat hul eie pad gaan. Aan die einde van tyd sal God vir ons óf 'n brullende leeu óf 'n veilige toevlugsoord wees.

Kom ons hardloop na ons Hemelse Vader toe wat genade, vergifnis, vrede en beskerming bied. Hy sal ons krag gee om al die moeilikhede en ongeregtighede van die lewe te weerstaan.

Gebed

God, ek wil dikwels sien dat wraak en terugbetaling gedoen word aan diegene wat sonde en kwaad rondom om my pleeg. Help my om na u veilige toevlug te hardloop en te vertrou op u tydsberekening om toe te sien dat geregtigheid geskied. Amen.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete

God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans