Leesplan inligting

Hoe Om Deur Lyding Te Werk En Sterker Daaruit Te KomVoorbeeld

How To Move Through Suffering And Come Back Stronger

DAG 7 VAN 7

Donna Gibbs:  Hoe Om Deur Lyding Te Beweeg En Sterker Daaruit Te Kom Oordenking Dag 7

Kom na My Toe

Skrifgedeelte: Matteus 11:28

 


Jesus se oproep na rus in Matteus 11:28 is een van my gunsteling Bybelverse. As jy al ooit ‘n onverwagse tragedie, teleurstelling, diagnose of verlies in die gesig gestaar het, dan het jy al seergekry. Jy is moeg. Jy is dalk net uitgeput. "Kom na My toe" is die opregte woorde van ‘n sagmoedige Redder wat jou uitnooi om veiligheid en rus in Hom te vind. Jou vermoeidheid maak dat jy kwalifiseer vir hierdie uitnodiging. Hy begeer dat jy erkenning sal gee aan wat dit ook al is wat jou verdruk. In antwoord daarop bied Hy jou rus, vrede en verligting.


Ek noem dit die Groot Uitruiling. Mediteer oor hierdie skrifgedeelte. Maak jou oë toe en stel jouself die toneel voor. Jesus staan met sy arms wyd oop. Hy soek na jou. Hy nooi jou uit om jou las te beskryf. En om dit dan by sy voete neer te sit. Stel jou voor hoe Jesus jou las vat en dit vir die Vader gee, en hoe Hy dan terugkom na jou toe, waar sy arms ‘n bed word vir jou uitgeputte siel. Hy ken jou stryd en Hy bied hulp en hoop aan vir die pyn wat jou verlam. Erken jou pyn aan Hom. Reageer op sy uitnodiging. Hierdie stap bevry jou, sodat jy kan begin bou aan jou veerkragtigheid. Dit sal verhoed dat jy vasgevang raak in jou lyding. 

Jou seer hoef jou nie te definieer of jou toekoms te bepaal nie. Miskien kom jou seer al oor jare heen en leef jy met die nagevolge. Jy hoef nie vir ewig te wag om genesing te vind nie. Herstel kan vandag begin, nou dadelik. Wanneer jy vasgevang is in jou lyding, oorleef jy net en kan nie aanbeweeg nie. Jy leef nie voluit nie. Dit is nou die tyd om te leef! Om te floreer! Om te herstel! Dit is tyd om jou lewe terug te neem. God begeer dat jy sal terugbons van die seer wat jou beroof en jou wêreld laat inkrimp het. Inderdaad, Hy het goeie planne vir jou. Hy begeer om jou lyding te gebruik om iets ongelooflik te skep. Om jou te bevoordeel. Om jou na hoër hoogtes te stuur. Omdat Hy jou liefhet, wil Hy jou veerkragtigheid versterk. Hy begeer om jou seer te gebruik om iets pragtig in jou te skep.


 


Voel jy ooit dat jou lyding definieer wie jy is? Hoe sal dit wees om God se genesing te ontvang? Hoe kan jou pyn iets pragtig in jou voortbring?

 


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

How To Move Through Suffering And Come Back Stronger

Elkeen van ons kan verseker weet dat ons die een of ander tyd in ons lewens lyding gaan ervaar. As ‘n berader het ek gesien hoe dié wat ly, verander word. Ek het gesien hoe diegene, wat eers deur trauma platgeslaan is, g...

More

Baie dankie aan Donna Gibbs en Baker Uitgewers wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https//www.becomingresilientbook.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid