Leesplan inligting

Hoe Om Deur Lyding Te Werk En Sterker Daaruit Te KomVoorbeeld

How To Move Through Suffering And Come Back Stronger

DAG 5 VAN 7

Donna Gibbs:  Hoe Om Deur Lyding Te Werk En Sterker Daaruit Te Kom Oordenking Dag 5

Die Gawe van Woede

Skrifgedeelte: Efesiërs 4:26

 


Soms voel jou lewe soos ‘n stilstaande spruit. Jy voel asof jy die vreugde en geesdrif van vroeër verloor het. Jy is desperaat vir iets wat hierdie spruit van jou lewe weer kan skoonmaak. Woede kan deel van die oplossing wees.

Aanvanklik kan jy dink dat woede ‘n sondige emosie is en kan jy skuldig voel oor die woede wat jy ervaar.  Kom ons kyk egter vanuit ‘n ander perspektief na woede. Die Woord identifiseer nie woede as sonde nie. Efesiërs 4:26 wys aan ons dat woede iets is wat kan lei tot sonde, as ons dit toelaat om ons te beheer. Aangesien woede een van die mees produktiewe emosies is wat ons ervaar, is die bestuur daarvan juis so belangrik. Wanneer ons dit verkeerd aanwend, kan woede ons verhoudings vernietig.


Wanneer dit reg aangewend word, kan woede die perfekte brandstof wees vir ons veerkragtigheid. Dis waar! God, wat ons na sy beeld gemaak het, het ons geskep met ‘n kapasiteit om woede te ervaar. God het ons geskep met ‘n emosie binne-in ons wat ons uit verdrukking kan lei. Dus, kom ons rig hierdie kragtige emosie doelgerig op wat ons ook al gevange hou, hetsy vernietigende teologie, vernietigende denke of vernietigende oorlewingsvaardighede. 

Dink hieroor: Dra jy net die gewig van jou aanvanklike lyding, of dra jy ook nog aan die las daarvan om in die lyding vasgevang te wees? Om vasgevang te word is gevaarlik. Dit is nie so eenvoudig soos om pyn uit te rek nie. Deur vasgevang te wees nooi jy in der waarheid addisionele pyn in jou lewe in. Daar is ‘n prys aan verbonde. Jy word beroof wanneer jy vasgevang is. Om vasgevang te wees behoort jou kwaad te maak! 


God kan woede gebruik om die stilstaande spruit van ons lewens skoon te maak. Daarom daag ek jou uit om toepaslike woede toe te laat om momentum op te bou, wat jou sal help om terug te bons uit die seer wat jou gevange hou. 


Woede kan jou help om die alombekende "Hoekom?", te vervang met ‘n nuwe en verfrissende "Wat nou?" Vra jouself: Wat moet ek doen om seker te maak dat ek hierdie storm oorleef? Wat is dit wat ek moet leer om seker te maak dat ek in hierdie storm floreer? Hoe sal ek veerkragtigheid bou? 

As jy vandag woede ervaar, gebruik dit as momentum om vry te kom!

 


Hoe het woede ‘n deel van jou lyding geword? Hoe het dit jou gehelp om verandering in jou lewe te bring? Watter veranderinge kan woede jou nou help maak?


 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

How To Move Through Suffering And Come Back Stronger

Elkeen van ons kan verseker weet dat ons die een of ander tyd in ons lewens lyding gaan ervaar. As ‘n berader het ek gesien hoe dié wat ly, verander word. Ek het gesien hoe diegene, wat eers deur trauma platgeslaan is, g...

More

Baie dankie aan Donna Gibbs en Baker Uitgewers wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https//www.becomingresilientbook.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid