Leesplan inligting

Hoe Om Deur Lyding Te Werk En Sterker Daaruit Te KomVoorbeeld

How To Move Through Suffering And Come Back Stronger

DAG 4 VAN 7

Donna Gibbs: Hoe Om Deur Lyding Te Werk En Sterker Daaruit Te Kom: Oordenking Dag 4

Hou Vas Aan God

Skrifgedeelte: Psalm 51: 1-3

 


As jy vasgevang voel, voel jy waarskynlik ook verwyderd van God. Dalk voel jy dat Hy jou verstoot het. Of dalk het jy gekies om Hom te verstoot, omdat jy nie meer glo dat Hy die krag het om jou lewe te verander nie. Jy mag voel dat Hy nie omgee nie, of dat Hy téén jou is — pleks van vir jou. Jy gaan kerk toe, maar vind dit ‘n afgesaagde roetine. Jy lees die Woord, maar kry niks daaruit nie. Jy mag regtig kwaad wees. God, wat belowe het dat sy weg nie bedoel is om seer te maak nie, het toegelaat dat iets vreeslik in jou lewe gebeur. Jy voel dat God jou verraai het. Jy voel teleurgesteld in sy beskerming. 


‘n Seisoen van geestelike worsteling na ‘n tragedie of teleurstelling is normaal. Ons het ‘n verhouding met God en natuurlik sal daardie verhouding sekere tye sterker wees as ander kere. Maar as ons vasgevang raak as gevolg van vernietigende teologie of denke, is ons vatbaar vir ‘n langtermyn skeiding. Jy sien, God is ‘n ware heer, Hy dwing Homself op niemand af nie. Wanneer ons ruimte wil hê, gee Hy dit vir ons. Ongelukkig kan dit gebeur dat ons worsteling ons permanente fokus raak. Dis nie ons plan om ons lyding te aanbid nie, maar wanneer ons vasgevang raak, raak ons onbewustelik oormatig toegewyd daaraan. Hierdie oormatige toewyding kan lei tot ‘n vorm van onbewuste afgodsdiens, wat ‘n normale periode van geestelike worsteling kan verleng tot ‘n langtermyn verwydering van God.  


Een ding is seker — God verlang na jou, of jy nou voel dat Hy doen of nie. Hy is die grootste bron van jou veerkragtigheid en hierdie verwydering moet aangespreek word sodat jy kan terug bons uit die seer wat jou gevange hou. Om hierdie verwydering te oorbrug verg risiko. Jy mag voel dat jy nie meer op God kan vertrou nie. Jy mag bang wees vir wat Hy sal doen met jou geloof in Hom of met jou soeke na daardie verhouding. Ek moedig jou aan om daardie onbekende te ondersoek. 


Ek word herinner aan die Psalms waar Dawid in angs en wanhoop uitroep na God. Volg sy voorbeeld en roep vandag uit na God. Lê al jou gemors voor Hom neer. Laat jouself toe om kwesbaar en deursigtig te wees. Nooi God uit om deel te word van ‘n gesprek oor areas in jou lewe waarin jy Hom voorheen nie toegelaat het nie. Wat het jy om te verloor?  


 


Ruim tyd in om vandag uit te roep na God oor dít wat vir jou lyding veroorsaak.


 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

How To Move Through Suffering And Come Back Stronger

Elkeen van ons kan verseker weet dat ons die een of ander tyd in ons lewens lyding gaan ervaar. As ‘n berader het ek gesien hoe dié wat ly, verander word. Ek het gesien hoe diegene, wat eers deur trauma platgeslaan is, g...

More

Baie dankie aan Donna Gibbs en Baker Uitgewers wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https//www.becomingresilientbook.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid