Leesplan inligting

Vyf Negatiewe en Skadelike EmosiesVoorbeeld

Vyf Negatiewe en Skadelike Emosies

DAG 8 VAN 8

‘n Gevoel van skande ("shame")

Die gevoel van skande het in die tuin van Eden begin toe Adam en Eva ongehoorsaam was aan God en geëet het van die boom van alle kennis — van goed en kwaad. Hulle het gevoel dat wat hulle gedoen het, skande was en skaam gevoel daaroor. Diep binne-in ons voel ons skaam omdat ons weet dat ons voortdurend sondig en aan God ongehoorsaam is.

Gevoelens van skande ("shame") vernietig die geestelike lewe van miljoene mense. Die lewe is moeilik, en die meeste van ons gaan deur slegte en traumatiese dinge en baie ongeregtighede. Sulke omstandighede lei tot situasies waar ons dinge doen wat skandalig is en dit veroorsaak egte gevoelens van skande ("shame"). Dit kan die gevolg wees van immoraliteit, jou ouers te besteel, iemand te misbruik of oneerlikheid. Dit kan die gevolg wees van verwerping deur jou ouers, 'n vriend of 'n broer of suster. Dit kan wees dat iemand na aan jou, of een of ander gesagsfiguur in jou lewe, iets gedoen of gesê het wat jou emosioneel seergemaak het. Mense wat diep en herhaaldelik verneder en verwerp word, reageer dikwels met gevoelens van "shame" en waardeloosheid.

Gevoelens van skande ("shame") lei daartoe dat mense hulle onttrek, nie sal veg of hulself verdedig nie.

Hoe kom ons vry uit hierdie web van negatiewe en botsende emosies, leuens, vernedering, verwerping en 'n gevoel van waardeloosheid? Wat ander van jou dink en aan jou gedoen het, is nie wie jy is nie. Jy mag nie toelaat dat ander mense se gedrag, beskuldigings en woorde definieer wie jy is en wat jy van jouself dink nie. Genesing begin wanneer jy diegene vergewe wat jou benadeel het en kies om aan jouself te dink soos God aan jou dink.

Gehoorsaamheid: Neem tyd om te bid deur die dinge in jou lewe waaroor jy “shame” ervaar. Die kruis was ‘n plek van "shame" — daar het Jesus ons "shame" gedra. Hy het in ons plek "shame" geword.

God het jou met groot sorg geskep. Jy is vir Hom kosbaar. Vertrou die Woord en die Een wat jou gemaak het: "U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op ’n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, ..." (Psalm 139:13-16).

Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Vyf Negatiewe en Skadelike Emosies

Gevoelens van skande ("shame") is iets wat deur baie mense ervaar word. Soms het mense skandelike dinge gedoen en daarvoor moet vergifnis gevra word. Ander het gevoelens van "shame" as gevolg van dinge wat met hulle gebe...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid