Leesplan inligting

Vyf Negatiewe en Skadelike EmosiesVoorbeeld

Vyf Negatiewe en Skadelike Emosies

DAG 3 VAN 8

Oorwinning oor "insecurity" (onsekerheid) (2)

Hoe kry ek oorwinning oor "insecurity"?

Onsekerheid moet erken word, en ons moet standpunt inneem daarteen. Oorwinning kom wanneer ons Jesus begin sien — die omvang en diepte van sy onvoorwaardelike liefde. Ons moet ophou om onsself met ander te vergelyk — besef dat ons waarde nie lê in ons prestasies, posisie of hoe mense ons sien nie. Ons is nie waardig op grond van wat ons gedoen het nie, maar op grond van wat vir ons gedoen is. Aan die kruis het Jesus vir ons gedemonstreer hoe waardevol ons is.

Ons moet 'n doelbewuste besluit neem om onsself te aanvaar soos God ons gemaak het. Ons moet verstaan dat God nie 'n fout gemaak het toe Hy ons geskep het nie. God produseer nie "goedkoper modelle wat minder kos nie". Almal van ons is die "produk" van die heelal se Meester Ontwerper (Psalm 139:13-17).

Wanneer jy kontak met mense het — Christene of nie-Christene — onthou almal het nodig om te verstaan dat God hulle lief het en dat hulle waardevol is. Soek mense vir wie jy dit kan sê.

Gehoorsaamheid: Het jy een of ander vorm van onsekerheid in jou lewe? Vra iemand om saam met jou daaroor te bid.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Vyf Negatiewe en Skadelike Emosies

Gevoelens van skande ("shame") is iets wat deur baie mense ervaar word. Soms het mense skandelike dinge gedoen en daarvoor moet vergifnis gevra word. Ander het gevoelens van "shame" as gevolg van dinge wat met hulle gebe...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid