Leesplan inligting

Vyf Negatiewe en Skadelike EmosiesVoorbeeld

Vyf Negatiewe en Skadelike Emosies

DAG 1 VAN 8

Voorstel

1.Vra drie vriende/vriendinne om hierdie leesplan saam met jou te doen (vier in 'n groep — mans en vroue in afsonderlike groepe).

2. Almal doen die leesplan op hulle eie.

3. Kom bymekaar na voltooiing van die leesplan en bespreek wat julle ontdek/geleer het.

4. Oorweeg om al 25 leesplanne in hierdie reeks as groep saam te doen.

5. Hierdie is Nr.17 in ‘n reeks van 25 Bybelstudies.

6. Watter ander persoon of persone dink jy sal by hierdie leesplan baat vind? Maak kontak en vertel hulle daarvan en moedig hulle aan om dieselfde leesplan saam met 'n groep van vier te doen.

7. Hierdie leesplanne sal jou help om te groei en uiteindelik 'n dissipelmaker te word — iemand wat dissipels van nuwe bekeerlinge en ander Christene kan maak.

God se plan vir jou is 'n plan van hoop en lewe — om 'n lewe vol van sin en betekenis te ervaar

Lees Efesiërs 1:3-14. Maak vir jouself notas oor God se plan en skeppingsdoel vir jou lewe. Neem minstens 10 minute en vra die Heilige Gees om jou te help om te verstaan wat hier staan.

Besin oor hierdie Skrifgedeelte aan die hand van drie vrae:

1.Wat leer ons van God in hierdie gedeelte? (Hoe openbaar God Homself aan my: Wie Hy is, sy karakter, werke, bevele, beloftes?)

2.Wat leer ons van onsself/ander mense uit hierdie Skrifgedeelte? (Wat verwag God van my volgens hierdie gedeelte — bv. om te vergewe, groei in my verhouding met Hom, gehoorsaam te wees, en in ‘n verhouding met Hom te leef? Wat moet in my lewe verander? Wat is my verantwoordelikhede?)

3.‘n Baie sinvolle vraag om te vra, is: Waarom dink jy is hierdie gedeelte in die Bybel?

Van inligting tot gehoorsaamheid: Hoe kan ek dit wat ek uit hierdie gedeelte ontdek het, integreer in my lewe? Hoe moet ek God gehoorsaam? Hoe kan ek vir ander tot seën wees? Wat en waaroor kan ek bid vanuit hierdie Skrifgedeelte?

Nadat jy Efesiërs 1:3-14 bestudeer het, wat voel jy vra die Heilige Gees van jou om te doen? Omdat dit God is wat hier praat, moet ons reageer. In hierdie gedeelte van die groepsbyeenkoms gaan ons oor van inligting na gehoorsaamheid: Is daar iets wat in jou lewe moet verander in die lig van julle bespreking van hierdie Skrifgedeelte? Wat is daar wat jy in die komende week moet doen na aanleiding van julle bestudering van hierdie Skrifgedeelte? Hoe kan jy 'n seën wees vir ander mense om jou? Wees baie spesifiek.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Vyf Negatiewe en Skadelike Emosies

Gevoelens van skande ("shame") is iets wat deur baie mense ervaar word. Soms het mense skandelike dinge gedoen en daarvoor moet vergifnis gevra word. Ander het gevoelens van "shame" as gevolg van dinge wat met hulle gebe...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid