Leesplan inligting

Vyf Negatiewe en Skadelike EmosiesVoorbeeld

Vyf Negatiewe en Skadelike Emosies

DAG 6 VAN 8

Ware en valse skuldgevoelens

Skuldgevoelens in die lewe van 'n Christen is die gevolg van sonde of ongehoorsaamheid teenoor God. God vergewe ons wanneer ons ophou sondig en berou het oor ons verkeerde dade. Wanneer die Heilige Gees ons van sonde oortuig, sal Hy ons duidelik wys wat ons verkeerd gedoen het. Wanneer jy dit bely en met daardie sonde breek, word jy vergewe.

In Johannes 16:8 (AFR53) sê die Bybel: "en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde ..."

Daar is 'n verskil tussen werklike en valse skuldgevoelens. Te dikwels doen mense nie genoeg moeite om tussen hierdie twee tipes skuldgevoelens te onderskei nie.

Valse skuldgevoelens kom wanneer individue skuldig voel oor ‘n saak, al het hulle geen sonde of iets verkeerd gedoen nie. Dit kan gebeur as gevolg van onnodige verwagtinge van jouself of die manipulasie van ander. Geen hoeveelheid "belydenis van sonde" of "jammer te wees oor wat jy glo jy verkeerd gedoen het" sal jou van valse skuldgevoelens verlos nie.

Valse skuldgevoelens het verskeie bronne: versuim om aan ouers se verwagtinge te voldoen, onbybelse godsdienstige verwagtinge (onrealistiese verwagtinge en dinge wat God nié van jou verwag nie), ‘n verkeerde verstaan van dinge waaraan jy niks kon doen nie, en ook nie gebeur het as gevolg van iets wat jy gedoen of nie gedoen het nie. Soms voel mense skuldig omdat hulle verantwoordelikheid neem vir dinge waaroor hulle geen beheer gehad het nie.

Die Satan sal jou skuldig laat voel, maar die skuldgevoelens wat hy gee, is vaag, en wanneer jy dit konfronteer, sal jy verward raak omdat jy nie regtig sal weet wat om te bely nie.

Wanneer ons regtig skuldig is, kom vryheid wanneer ons daardie sondes bely en God se vergifnis aanvaar. God vergewe mense wat skuldig is. In 1 Johannes 1:9 (AFR53) lees ons: "As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig."

Die krag van valse skuldgevoelens breek eers wanneer jy die bron van hierdie gevoelens ontdek en dit met die waarheid vervang. Geen hoeveelheid "belydenis van sonde" of selfveroordeling sal jou vrymaak nie.

Gehoorsaamheid: Vra die Heilige Gees om vir jou die waarheid te wys oor elke ding waaroor jy skuldig voel. Bid vir sekerheid oor wat egte en valse skuldgevoelens is.

"En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak (Johannes 8:31-32 AFR53).

Prakties: Vra die Heilige Gees om jou te wys watter valse skuldgevoelens in jou hart is en om jou daarvan vry te maak.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Vyf Negatiewe en Skadelike Emosies

Gevoelens van skande ("shame") is iets wat deur baie mense ervaar word. Soms het mense skandelike dinge gedoen en daarvoor moet vergifnis gevra word. Ander het gevoelens van "shame" as gevolg van dinge wat met hulle gebe...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid