Leesplan inligting

Vyf Negatiewe en Skadelike EmosiesVoorbeeld

Vyf Negatiewe en Skadelike Emosies

DAG 2 VAN 8

"Insecurity" (Onsekerheid) (1)

Daar is nie regtig ‘n Afrikaanse woord wat “insecurity” beskryf nie.

"Maar Hy sê vir Samuel: 'Moenie na sy voorkoms of sy buitengewone lengte kyk nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike'" (1 Samuel 16:7).

Efesiërs 1:4-6 verduidelik aan ons wie ons werklik is en waarom God ons gemaak het: "So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het."

Alle mense sukkel met "insecurity". Nie een van ons is daarvan gevrywaar nie — selfs nie die mees selfversekerde persoon onder ons nie. Versteek in die dieptes van ons harte, is daar "insecurity". Dit kom uit die tuin van Eden. Adam en Eva het gesondig. Hulle het skaam gevoel oor wat hulle gedoen het. Hulle het dadelik geweet iets is fout. Hulle het hulle naaktheid probeer verberg omdat hulle geweet het dat hulle verkeerd gedoen het. Hulle het onseker geword.

Gevoelens van hulpeloosheid, verwerping en eensaamheid versterk "insecurity". Dit kom deur ervarings van mislukking as ons nie ons doelwitte bereik nie of nie die vervulling van ons drome sien nie, wanneer ons onsself met ander vergelyk en hulle die standaard van sukses maak. Jaloesie, selfbejammering en afguns is die metgeselle van minderwaardigheid en "insecurity".

Minderwaardigheid lei tot kroniese selftwyfel, lae selfbeeld en sosiale onttrekking. Ander mense kan reageer deur te spog, mededingend te word of 'n onwilligheid en onvermoë hê om hulle foute te erken.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Vyf Negatiewe en Skadelike Emosies

Gevoelens van skande ("shame") is iets wat deur baie mense ervaar word. Soms het mense skandelike dinge gedoen en daarvoor moet vergifnis gevra word. Ander het gevoelens van "shame" as gevolg van dinge wat met hulle gebe...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid